Bybelskool oor Spreuke
Derde kwartaal 2012
Ons lees DV die boek Spreuke by bybelskool.com in die derde kwartaal 2012. Die eerste bydrae word beplan vir Woensdag 25 Julie en word dan elke weeksdag opgevolg met ‘n bydrae vir die volgende 6 weke. Ons sal min of meer teen ‘n hoofstuk ‘n dag vorder.
Die leeswerk uit Spreuke fokus op die praktiese wysheid wat die Here ons wil leer. My gebed is dat elkeen van ons ‘n paar lewenswaarhede sal leer wat ons lewens kan verryk en verander. Dit is dinge soos:
- “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” – 3:6.
- “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind” – 10:9.
- “Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik” – 12:19.
- “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” – 15:1
- “Liewer min hê en reg lewe, as baie inkomste hê deur onreg” – 16:8.
- “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” – 17:9.
- “Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer” – 18:12.
- “As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie” – 21:13.
- “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly” – 27:5.
Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit sommer nou: REGISTREER. Dan sal jy bydraes telkens ‘n dag vooruit ontvang per e-pos, voordat dit hier by die webtuiste gepubliseer word.
Hooglied 8:5-14 – Die liefde is wederkerig en interafhanklik
Indeling
- Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.
- Haar broers wonder oor haar volwassenheid[1] – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.
- Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.
- Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.
Hooglied 6:4-8:4 – Verwonderde verrukking en verbeeldingryke verwagting
Vandag se leeswerk beslaan ‘n hele paar gedigte.
- Die eerste deel fokus op die man se verwonderde verrukking oor haar skoonheid en unieke betowering vir hom: 6:4-7:9.
- Die tweede deel fokus op die vrou se verbeeldingryke verwagting wat haar die inisiatief in hulle verhouding laat neem: 7:10-8:4.
Die wonder van die liefde lê in die verwondering sowel as die verbeelding, in die verrukking sowel as die verwagting.
Hooglied 5:9-6:3 – Die vreugde van vrywillige versoening
Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:
- Die 1ste deel begin in 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
- Die 2de deel begin in 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl 4:12-5:1) toe.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!