Author Archive

Bybelskool oor Spreuke

Written by Chris van Wyk on 16/05/2012. Posted in Spreuke

Derde kwartaal 2012

Ons lees DV die boek Spreuke by bybelskool.com in die derde kwartaal 2012.  Die eerste bydrae word beplan vir Woensdag 25 Julie en word dan elke weeksdag opgevolg met ‘n bydrae vir die volgende 6 weke.  Ons sal min of meer teen ‘n hoofstuk ‘n dag vorder.

Die leeswerk uit Spreuke fokus op die praktiese wysheid wat die Here ons wil leer.  My gebed is dat elkeen van ons ‘n paar lewenswaarhede sal leer wat ons lewens kan verryk en verander.  Dit is dinge soos:

  • “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” – 3:6.
  • “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind” – 10:9.
  • “Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik” – 12:19.
  • “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam” – 15:1
  • “Liewer min hê en reg lewe, as baie inkomste hê deur onreg” – 16:8.
  • “Wie ‘n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie ‘n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende” – 17:9.
  • “Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer” – 18:12.
  • “As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ‘n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie” – 21:13.
  • “‘n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly” – 27:5.

Indien jy nog nie geregistreer het nie, doen dit sommer nou: REGISTREER.  Dan sal jy bydraes telkens ‘n dag vooruit ontvang per e-pos, voordat dit hier by die webtuiste gepubliseer word.


Salomo deur Rubens (1577-1640)

Salomo deur Rubens (1577-1640)


MENINGSOPNAME 2012

Written by Chris van Wyk on 16/05/2012. Posted in Hooglied, Prediker

Hooglied 8:5-14 – Die liefde is wederkerig en interafhanklik

Written by Chris van Wyk on 16/05/2012. Posted in Hooglied

Indeling

Dit maak vir my sin om die gedeelte as vier gedigte te hanteer.  Die eerste drie werk telkens met ‘n inleidende vraag of beskrywing waarop die vrou en man onderskeidelik reageer.  Die laaste gedig is ‘n gesprek tussen die man en die vrou:
  • Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.
  • Haar broers wonder oor haar volwassenheid[1] – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.
  • Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.
  • Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.

Hooglied 6:4-8:4 – Verwonderde verrukking en verbeeldingryke verwagting

Written by Chris van Wyk on 15/05/2012. Posted in Hooglied

Vandag se leeswerk beslaan ‘n hele paar gedigte.

  • Die eerste deel fokus op die man se verwonderde verrukking oor haar skoonheid en unieke betowering vir hom: 6:4-7:9.
  • Die tweede deel fokus op die vrou se verbeeldingryke verwagting wat haar die inisiatief in hulle verhouding laat neem: 7:10-8:4.

Die wonder van die liefde lê in die verwondering sowel as die verbeelding, in die verrukking sowel as die verwagting.

Hooglied 5:9-6:3 – Die vreugde van vrywillige versoening

Written by Chris van Wyk on 14/05/2012. Posted in Hooglied

Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:

  • Die 1ste deel begin in 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
  • Die 2de deel begin in 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl 4:12-5:1) toe.

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed