Die ontstaan van die Bybel

Written by Chris van Wyk on 29/11/2009. Posted in Bybel, Samuel

Print Friendly
  • Die skrif stelling van die Bybelse verhale kom van baie vroeg af.  Die Bybel self skryf daaroor alreeds in die verhale van Moses, Josua en Samuel.  In Eksodus lees ons dat Moses daarmee besig was (Eks. 24:4), dat sy skryfwerk deur die Leviete bewaar is (Deut 31:9), deur hulle en die leiers bestudeer is, en die boek raak wat Josua sy eie maak (Jos 1:7).  Die skryfwerk word ook later deur Josua aangevul (Jos 24:26).  Die sogenaamde Josua-woorde vul dus die Moses-woorde aan.  Dan lees ons onder andere ook nog van die Boek van die Opregte (Jos. 10:13) wat die verhaal van die stilstand van die son en maan vertel (vgl. ook 2 Sam 1:18 wat vertel dat ‘n lied van Dawid daarin opgeteken is).
  • Ons sien dus hier die begin van ‘n kern-kanon, die begin van die Bybel, wat veral met die berg Sinai verbind word.  Later sou Samuel ook regsvoorskrifte, veral ten opsigte van die koning se verantwoordelikhede, byvoeg (1 Sam 10:25) en saam met Moses en Josua se geskrifte in die heiligdom bewaar.  Van tyd tot tyd is die verhale van Josua opgedateer (van die stede in Jos. 15 het moontlik eers in die 8ste eeu v.C. tot stand gekom) om die relevansie daarvan vir die kultiese gebruik by hulle feeste te behou.  Ons lees ook van die Annale van Salomo (1 Kon 11:41).
  • Uit die ontdekking van die Dooie See rolle in 1948 kom ons agter dat in die latere biblioteke veral op drie tipe boeke gekonsentreer is, die Bybelse tekste self, kommentare op die Bybel en teologiese geskrifte.
  • Die meeste Jode van die eerste eeu n.C. was geletterd en kon lees en skryf.  Hulle kon ook meer as een taal verstaan, ten minste Aramees (spreektaal) en Hebreeus (OT).  Baie kon ook Grieks, die wêreldtaal van die tyd, verstaan en het dit in die alledaagse kommunikasie gebruik.  Die Griekse vertaling van die OT, die LXX of Septuagint, was ook baie gewild.
  • Shorthand is baie keer gebruik, weens die skaarsheid en prys van papier (papirus of leer [perkament]).  Matteus, die belastinggaarder, was heel moontlik vaardig daarmee, en kan verklaar hoe hy die bergrede so volledig kon weergee in Matteus 5-7.
  • Daar was van die begin af ‘n hele paar mense wat verhale oor Jesus neergeskrywe het (Luk 1:1-2), wat gedien het as bronne vir die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes.  Johannes skryf selfs met ‘n tikkie humor daaroor (Joh 21:25).  En Paulus het skryf as ‘n baie belangrike deel van sy bediening gesien (2 Tim 4:13: “[bring] die boeke, veral die perkamente [saam].”)
  • Hierdie belangstelling in boeke en literêre werke het beteken dat tekste met groot sorg hanteer is en in biblioteke en argiewe opgeneem en bewaar is.
  • As ‘n mens natuurlik meer kopieë wou hê, moes dit natuurlik telkens met die hand oorgeskryf word.

related post

Trackback from your site.

Comments (1)

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed