WEEK 1: Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel

Written by Chris van Wyk on 20/10/2009. Posted in Bybelskool, Samuel

Print Friendly

Ons gaan kyk na die verhaal van Samuel, Saul en Dawid aan die hand van 4 hoofperspektiewe.

1.  As ‘n verhaal van oorgange:

  • van die laaste rigter na die eerste koning;
  • van ‘n koning wat sy eie pad volg na ‘n koning wat aan God gehoorsaam is;

2.  As ‘n verhaal wat fokus op die ware aanbidding van God:

  • waarin Jerusalem en die Ark ‘n belangrike rol speel.

3. As ‘n verhaal wat fokus op ware leierskap:

  • Die storie van die konings is die storie van die volk. Wat met hom gebeur, het ‘n direkte impak op die volk.  Daar is maar net een manier  om leierskap te beoefen, en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.

4.  As ‘n verhaal wat wys hoe karakter werk:

  • Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
    • Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
    • Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd af tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets. Daarbenewens tree hy op as leier van die eerste profeteskool.
    • Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
    • Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.

Program

Week 1 – 1 Samuel 1-7
Week 2 – 1 Samuel 8-15
Week 3 – 1 Samuel 16-23
Week 4 – 1 Samuel 24-31
Week 5 – 2 Samuel 1-7
Week 6 – 2 Samuel 8-13
Week 7 – 2 Samuel 14-24

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed