Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie

Written by Chris van Wyk on 13/01/2011. Posted in Bybelskool, Jesaja

Print Friendly

Ons lees die boek Jesaja in die eerste kwartaal.  In die gemeente van Somerstrand word dit gekombineer met ‘n Bybelstudie- en preekreeks.  Lidmate kan hulle in die week vooraf óf by ‘n Bybelstudiegroep óf in die Bybelskool ingrawe in die fokusteks vir die Sondag en bydraes maak, voor ons saam gaan luister na wat God vir die gemeente sê. Klik hier om direk na die bydraes oor die boek Jesaja te gaan.

Leesplan

Ons begin Donderdag 20 Januarie met die inleiding en oriëntering op die boek Jesaja sowel as die lees van hoofstukke 1-6.  Die eerste byeenkoms in die gemeente is Woensdag die 26ste Januarie 2011 18:30.

Datum Teks Byeenkoms 18:30
20-26/1 Jesaja 1-6 26/1
27/1-2/2 Jesaja 7-12 2/2
3-9/2 Jesaja 13-27 9/2
10-16/2 Jesaja 28-35 16/2
17-23/2 Jesaja 36-39 23/2
24/2-2/3 Jesaja 40-48 2/3
3-9/3 Jesaja 49-55 9/3 – geen byeenkoms!
10-16/3 Jesaja 56-61 16/3
17-23/3 Jesaja 62-66 23/3
24-30/3 Jesaja in die NT 30/3

Registrasie

Enigiemand is baie welkom om in te skakel.  Registreer aan die regterkant by Registrasie / TEKEN IN (of klik hier vir die direkte skakel), en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur.  Registrasie en inskakeling is gratis.  Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra.  Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik.  Ek antwoord graag.

Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk:

Bydraes oor die boek Jesaja

Jesaja

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed