Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011
Ons lees vanaf die 20ste April die evangelie van Johannes hier by Bybelskool.com. Dit sal 5 weke duur tot en met 24 Mei 2011.
| Week 1 | Johannes 1-3 |
| Week 2 | Johannes 4-8:11 |
| Week 3 | Johannes 8:12-12:50 |
| Week 4 | Johannes 13-17 |
| Week 5 | Johannes 18-21 |
My voorlopige opskrifte van die perikope gee ‘n goeie idee van die struktuur en boodskap van die evangelie (let op die 7 tekens en die 7 EK-IS-uitsprake):
| Datum | Hoofstuk | Tema |
| 20-Apr | Inleiding | |
| 21-Apr | 1:1–18 | Jesus is die Woord van God – proloog |
| 22-Apr | 1:19–51 | Getuienisse oor Jesus: Johannes die Doper en die eerste dissipels |
| 25-Apr | 2:1–12 | Die 1ste teken: water in wyn |
| 26-Apr | 2:13–22 | Die reiniging van die tempel |
| 27-Apr | 2:23–3:36 | Die gesprek met Nikodemus |
| 28-Apr | 4:1–42 | Die Samaritaanse vrou |
| 29-Apr | 4:43–5:47 | Die 2de en 3de teken: Jesus en die siek seun en die siek man |
| 02-Mei | 6:1–71 | Die 4de en 5de teken - EK IS die brood van die lewe |
| 03-Mei | 7:1–52 | Jesus by die huttefees |
| 04-Mei | 7:53–8:11 | Die vrou wat op owerspel betrap is |
| 05-Mei | 8:12-59 | EK IS die lig van die wêreld |
| 06-Mei | 9:1–41 | Die 6de teken: Die man wat blind gebore is |
| 09-Mei | 10:1–42 | EK IS die ingang, EK IS die Goeie Herder |
| 10-Mei | 11:1–54 | Die 7de teken: Lasarus uit die dood opgewek - EK IS die opstanding en die lewe |
| 11-Mei | 11:55–12:50 | Die intog in Jerusalem |
| 12-Mei | 13:1–30 | Jesus was die voete van sy dissipels |
| 13-Mei | 13:31–14:31 | EK IS die weg, die waarheid en die lewe |
| 16-Mei | 15:1–26 | EK IS die ware wynstok |
| 17-Mei | 16:1-33 | Die werk van die Heilige Gees |
| 18-Mei | 17:1–26 | Jesus se gebed vir sy dissipels |
| 19-Mei | 18:1–40 | Jesus word gevange geneem |
| 20-Mei | 19:1-42 | Jesus word gekruisig |
| 23-Mei | 20:1–31 | Die leë graf – Jesus se opstanding |
| 24-Mei | 21:1–25 | Jesus verskyn aan sy dissipels – epiloog |
In die gemeente Somerstrand sal dit weer gekombineer word met ‘n kort preekreeks en ‘n effens langer Bybelstudiereeks (wat Johannes 1 vir 24 April sal insluit):
08-Mei Ek is die brood van die lewe – Joh 6
15-Mei Ek is die Goeie Herder – Joh 10
22-Mei Ek is die weg, die waarheid en die lewe - Joh 14
29-Mei Die leë graf - Joh 20
Bydraes oor die evangelie van Johannes
Johannes
- Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011
- Die skrywer Johannes
- Die evangelie van Johannes – inleiding
- ’n Oorsig oor die evangelie van Johannes
- Die Woord van God het mens geword sodat ons in Jesus Christus kan glo
- Die stryd tussen lig en duisternis
- Johannes se prentjie van Jesus
- Jesus se Ek is-uitsprake
- Wonderwerke is tekens van God se werk
- Die Heilige Gees as die Parakleet
- Verhouding met die Sinoptiese evangelies
- Indeling
- Leesplan
- Nuttige boeke
- WEEK 1: 1:1-3:36
- Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Johannes 1:19–51 – Oortuig deur die getuienis van die eerste dissipels
- Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon
- Johannes 2:13–22 – Die liefde vir U huis verteer my
- Die eiename JHWH en Jesus
- Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie
- WEEK 2: Johannes 4:1-8:11
- Johannes 4:1–42 – Die Samaritaanse vrou aanbid Jesus en bring ’n hele dorpie na Hom toe
- Johannes 4:43–5:47 – Lewe kom deur vertroue op God en ’n gehoorsame luister na sy woorde
- Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou
- Johannes 7:1–52 – Wie is Jesus vir jou?
- Johannes 7:53–8:11 – Ek veroordeel jou ook nie
- WEEK 3: Johannes 8:12-12:50
- Johannes 8:12-59 – Jesus is die lig vir die wêreld – en ek sy ligdraer
- Johannes 9:1–41 – Jesus maak ook my oë oop om Hom as Here raak te sien
- Johannes 10:1–42 – Die Goeie Herder se skape ken sy stem
- Johannes 11:1–54 – Ek is die opstanding en die lewe
- Johannes 11:55–12:50 – Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra
- WEEK 4: Johannes 13:1-17:26
- Johannes 13:1–30 – Jesus was die voete van sy dissipels
- Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het
- Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe
- Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie
- Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk
- WEEK 5: Johannes 18:1-21:25
- Johannes 18:1–40 – Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my
- Johannes 19:1-42 – Dit is volbring!
- Johannes 20:1–31 – Jesus staan op as die teenwoordige Here
- Jesus as die Seun van die mens EN die Seun van God
- Johannes 21:1–25 – Jesus leer Petrus om Hom te volg
- Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes
Tags: Johannes
Trackback from your site.


Comments (1)
Baie welkom aan David. Hy is die 300ste geregistreerde gebruiker van bybelskool.com! Geniet dit!