Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes

Written by Chris van Wyk on 25/05/2011. Posted in Bybelskool, Johannes

Print Friendly
Ek  wil jou uitnooi om deur jou joernaal te blaai of deur die verskillende bydraes oor Johannes op die webtuiste en te kyk na temas wat jou aangespreek het.  En skryf vir ons by die webtuiste iets oor wat jou getref het.  Dit kan ’n nuwe insig wees wat jy gekry het.  Of ’n ervaring van God se nabyheid in die nadenke oor Johannes.

As ek terugdink, is daar ’n paar goed vir wat vir my uitstaan:

  • Die wyse waarop Jesus met metafore gewerk het, soos lig en brood en water, het vir my nuwe waardering en ook bewondering gegee vir sy boodskap.  Dat Jesus na die huttefees se ligte uitgedoof is, aankondig dat Hy die lig vir die wêreld is, is vir my indrukwekkend, en spreek my aan.
  • Dat ek persoonlik die pad kon stap om die dood van my pa te verwerk terwyl ek Johannes 11 lees oor die opstanding van Lasarus en daaroor skrywe, was vir my ’n besonderse aanraking deur die Here.  Hy is werklik die lewe, selfs in die aangesig van die dood.
  • Die kostelikheid van die dilemma van die bruidegom in Kana toe sy wyn opraak weens die groot getal mense wat daar was, het my laat glimlag.  En Jesus se voorsiening van ’n oorvloed van wyn teken vir my op ’n besondere manier God se karakter.  Hy is nie suinig nie!
  • Dat Petrus nie net ’n tweede kans gegun word nie, maar inderdaad deur Jesus ’n herder rol gegee word (soos wat Jesus gehad het), sê vir my dat Jesus beter verstaan wat in ons gebeur as ons voor versoekings en uitdagings kom, as wat ons dink.  En dat Hy nie in die blaming besigheid is nie, maar in die herstel besigheid.

Dankie vir die wonderlike reis saam met elkeen van julle.  Las sommer hieronder by Leave a Comment jou bydrae oor wat jou getref het en jou sal bybly.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (6)

  • 25/05/2011 at 17:38 |

    Die beeldspraak van Jesus in die Ek is-uitsprake is so betekenisvol, prakties en allesomvattend. In die woorde van Louie Giglio sê ek: “I know I am not, but I know I AM”!!!
    Dankie, Chris dat jy ons op hierdie reis begelei het.

  • rien
    25/05/2011 at 16:14 |

    1. Dis vir my so `n groot vertroosting dat Jesus volledig mens geword het, dat hy pyn en lyding verstaan maar ook al ons emosies beleef het en ook dit verstaan. Dat hyself vertroos verstek en heelmaak gee. Hier die wonder beleef ek dikwels en ook weer vandag.
    2. Sy opstanding gee vrede en vreugde (die glimlae op mense se gesigte is slegs vreude wat Jesus kan gee) ook vir my

  • Vinie Furstenberg
    25/05/2011 at 14:48 |

    My kleindogtertjie het toe sy agtjaar oud was, `n baie ernstige, diepsinnige gesprek met my gehad oor ‘Die Ewigheid.’ Miskien daarom dat die ewigheidsbeloftes in die Evangelie van Johannes my hierdie keer so opgeval het: In hoofstuk ses alleen kom die belofte sewekeer voor! Maar die hoogtepunt vir my is Sy belofte dat almal wat na Sy stem luister en Hom volg, in alle ewigheid nooit verlore sal raak nie. Niemand sal ons uit Sy hand ruk nie!!! Hoofstuk 10 vers 28

  • Charné
    25/05/2011 at 14:00 |

    Joh 5:24 en Joh 17:3 en daar is ook ander. Van kleins af geleer dat gelowiges nou reeds die ewige lewe het maar was ‘n moeilike begrip. Nou vertel Jesus self: “en dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gesuur is.” Dankie Jesus vir die gawe van geloof!

  • Nico
    25/05/2011 at 11:53 |

    Joh 17:4 Die gebed van Jesus – En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken . . . Om Hom te ken beteken dat ek elke dag in sy teenwoordigheid moet leef dis al hoe ek hom kan nog meer en meer leer ken. Deur saam met Hom te lewe.

    Nico

  • Christine Veldsman
    25/05/2011 at 11:26 |

    My indrukke oor Johannes: Die volgende het my getref: Christus is: Die sondelose Vriend van sondaars, tegelyk God en mens – Hy deel my menslikheid volkome en kan my help met alles in my lewe.God is gees, sou ons ooit in ‘n verhouding met Hom kon leef as Hy nie mens geword het nie. Deur as mens pyn honger ens te ervaar het Hy “geleer” hoe dit is. Hy is God, volkome in beheer, Hy is liefde, dit is Sy krag waarmee Hy mense tot bekering lei en waarmee ons mense vir Hom wen. Sy menslikheid wat my laat besef hoe ek nie is nie, en hoe ek moet wees.Dit was ‘n wonderlike studie. Dankie.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed