Volgende Bybelskool – 3de kwartaal 2011

Written by Chris van Wyk on 27/05/2011. Posted in Bybelskool

Print Friendly

Ons het die evangelie van Johannes deurgelees in die tweede kwartaal 2011.  Die bydraes kan almal onder die menu Johannes gelees word.

Daar is nou reeds 7 kursusse wat jy op jou eie tempo kan deurwerk.  Kleingroepe kan dit gebruik om Bybelboeke een vir een deur te werk.  Almal is welkom om vrae te vra, en ek sal so gou as wat ek kan daarop antwoord.

Die volgende Bybelskool kursus gaan waarskynlik oor die evangelie van Lukas en Handelinge handel (alternatiewelik oor Genesis).  Ek sal binnekort ‘n besluit neem en dit adverteer.  Die kursus sal die laaste week van Julie 2011 ‘n aanvang neem, waarskynlik 27 Julie.

Om die volgende kursus se bydraes per e-pos te ontvang:

  • Registreer by hierdie blog.
  • Jy sal outomaties die bydraes elke weeksdag ontvang wanneer dit weer begin.
  • Lewer kommentaar – so leer ons almal by mekaar.

Hier is die lys van Bybelboeke wat jy kan deurwerk:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed