Kies ‘n manier van Bybellees
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief van aard.
Die idee met alle metodes is om beide die breë lyne van boek of hoofstuk van die Bybel asook die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om daaroor te gesels. Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Hier is ’n aantal metodes waaruit jy kan kies.
Drie simbole
Werk met drie simbole waaroor jy dan kan reflekteer:
! – IETS WAT JOU GETREF HET
? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
Eenvoudige luistersiklus
- RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
- HOOR
- Lees die Skrifgedeelte hardop.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
- LEEF
- Wat lê die Here nou op jou hart?
- Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.
Lees soos ‘n Kunstenaar[1]
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
Lees soos ‘n Speurder
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
Lees soos ‘n Skatkisjagter
- Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Lees soos ‘n Vakleerling
- Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met God in die lewe onderneem.
[1] Hierdie en die volgende 3 metodes kom van Adele Calhoun af (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief.
Lectio Divina
Lectio divina, of “geestelike lees” word op verskillende maniere gedoen.
Die een wat ek die sinvolste vind (Alice Fryling – The Art of Listening), werk as volg:
- Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te lewe
- Lectio – lees die Skrifgedeelte hardop en fokus op ‘n vers of gedagte wat jou tref
- Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe
- Oratio – antwoord God in gebed daarop
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê.
As jy meer oor die tradisionele aanpak van Lectio Divina wil lees, kan jy Luke Dysinger se weergawe hier aflaai (pdf – 35 KB): Lectio Divina.
Luistersiklus
Eenvoudige luistersiklus
RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
HOOR
- Lees die Skrifgedeelte hardop.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
LEEF
- Wat lê die Here nou op jou hart?
- Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.
Grafies voorgestel:
Bybelstudie metodiek
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief (Eenvoudige luistersiklus of Lectio Divina bv.) van aard.
Julle kan self kies hoe julle wil lees met enige van die vorige metodes.
Hier is egter nog vier metodes vir die avontuurlikes onder julle wat ek by Adele Calhoun raakgelees het. Sy stel 4 metodes vir Bybelstudie voor (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief:
- Lees soos ‘n Kunstenaar
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
- Lees soos ‘n Speurder
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
- Lees soos ‘n Skatkisjagter
- Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
- Wat moet ek hiermee doen?
- Lees soos ‘n Vakleerling
- Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met Jesus in die lewe onderneem.


February 20, 2012 (9:49) Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Vandag het die brief aan Filemon my iets oor my benadering tot ander kom leer. Ons is so geneig o...
February 15, 2012 (11:18) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die o...
February 15, 2012 (9:23) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?
February 15, 2012 (2:54) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ten minste het ons in Timoteus dus 'n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik oo...
February 15, 2012 (11:29) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook a...