Lees Lukas-Handelinge deur saam met my

Written by Chris van Wyk on June 27th, 2011. Posted in Bybelskool, Lukas-Handelinge

Ek beplan om die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels oor ‘n tydperk van 10 weke in die derde kwartaal 2011 deur te lees en elke weeksdag iets daaroor te publiseer.  Ek begin my bydraes daaroor op Donderdag 21 Julie.  Ek hoop om dit DV vol te hou tot 28 September wanneer ons die laaste hoofstuk van Handelinge saam sal lees:
  • Week 1: Lukas 1:1-4:13
  • Week 2: Lukas 4:14-9:50
  • Week 3: Lukas 9:51-19:44
  • Week 4: Lukas 19:45-24:53
  • Week 5: Handelinge 1:1-6:7
  • Week 6: Handelinge 6:8-9:31
  • Week 7: Handelinge 9:32-12:24
  • Week 8: Handelinge 12:25-16:5
  • Week 9: Handelinge 16:6-19:20
  • Week 10: Handelinge 19:21-28:31

Ek plaas solank ‘n paar inleidende artikels wat jy kan voor die tyd kan deurlees.  Dit sal baie help met die agtergrond vir die leeswerk.  Jy kan dit by hierdie skakel bereik.

Hier is die bydraes oor Lukas.

Volgende Bybelskool – 3de kwartaal 2011

Written by Chris van Wyk on May 27th, 2011. Posted in Bybelskool

Ons het die evangelie van Johannes deurgelees in die tweede kwartaal 2011.  Die bydraes kan almal onder die menu Johannes gelees word.

Daar is nou reeds 7 kursusse wat jy op jou eie tempo kan deurwerk.  Kleingroepe kan dit gebruik om Bybelboeke een vir een deur te werk.  Almal is welkom om vrae te vra, en ek sal so gou as wat ek kan daarop antwoord.

Die volgende Bybelskool kursus gaan waarskynlik oor die evangelie van Lukas en Handelinge handel (alternatiewelik oor Genesis).  Ek sal binnekort ‘n besluit neem en dit adverteer.  Die kursus sal die laaste week van Julie 2011 ‘n aanvang neem, waarskynlik 27 Julie.

Terugblik op die lees van die evangelie van Johannes

Written by Chris van Wyk on May 25th, 2011. Posted in Bybelskool, Johannes

Ek  wil jou uitnooi om deur jou joernaal te blaai of deur die verskillende bydraes oor Johannes op die webtuiste en te kyk na temas wat jou aangespreek het.  En skryf vir ons by die webtuiste iets oor wat jou getref het.  Dit kan ’n nuwe insig wees wat jy gekry het.  Of ’n ervaring van God se nabyheid in die nadenke oor Johannes.

As ek terugdink, is daar ’n paar goed vir wat vir my uitstaan:

  • Die wyse waarop Jesus met metafore gewerk het, soos lig en brood en water, het vir my nuwe waardering en ook bewondering gegee vir sy boodskap.  Dat Jesus na die huttefees se ligte uitgedoof is, aankondig dat Hy die lig vir die wêreld is, is vir my indrukwekkend, en spreek my aan.
  • Dat ek persoonlik die pad kon stap om die dood van my pa te verwerk terwyl ek Johannes 11 lees oor die opstanding van Lasarus en daaroor skrywe, was vir my ’n besonderse aanraking deur die Here.  Hy is werklik die lewe, selfs in die aangesig van die dood.
  • Die kostelikheid van die dilemma van die bruidegom in Kana toe sy wyn opraak weens die groot getal mense wat daar was, het my laat glimlag.  En Jesus se voorsiening van ’n oorvloed van wyn teken vir my op ’n besondere manier God se karakter.  Hy is nie suinig nie!
  • Dat Petrus nie net ’n tweede kans gegun word nie, maar inderdaad deur Jesus ’n herder rol gegee word (soos wat Jesus gehad het), sê vir my dat Jesus beter verstaan wat in ons gebeur as ons voor versoekings en uitdagings kom, as wat ons dink.  En dat Hy nie in die blaming besigheid is nie, maar in die herstel besigheid.

Dankie vir die wonderlike reis saam met elkeen van julle.  Las sommer hieronder by Leave a Comment jou bydrae oor wat jou getref het en jou sal bybly.

Die evangelie van Johannes – Bybelskool.com 20 April – 24 Mei 2011

Written by Chris van Wyk on April 1st, 2011. Posted in Bybelskool, Johannes

Ons lees vanaf die 20ste April die evangelie van Johannes hier by Bybelskool.com.  Dit sal 5 weke duur tot en met 24 Mei 2011.
Week 1 Johannes 1-3
Week 2 Johannes 4-8:11
Week 3 Johannes 8:12-12:50
Week 4 Johannes 13-17
Week 5 Johannes 18-21

TENNIS EN DIE BYBELSKOOL

Written by Chris van Wyk on February 10th, 2011. Posted in Bybelskool, Jesaja

Het jy iets wat jy as so half “heilig” beskou? Iets waarmee niemand eintlik moet intervere nie? Ek het so iets. Dis ‘n Woensdagmiddag, want dan  speel  ek tennis. Sonder om te vêr in die verlede in terug te gaan,  so iets oor die manne wat saam speel. Tussen vyf van ons kom ons die laaste vyftien jaar elke Woensdag op die baan bymekaar. Ons gemiddelde ouderdom het nou sewentig geslaan. Desnieteenstaande  suiker, kanker, hoë bloeddruk, heup- en knie-vervangings, swak sig en hardhorendheid foeter ons mekaar weekliks met ‘n toegewyde passie op,  net om na die tyd ons vergeselde lywe met ‘n biertjie of drie te versterk en alle kwade gevoelens wat daar mag ontstaan het weens swak roepe en verkeerde tellings uit die gestelle  uit te spoel.

Hoekom vertel ek dit vir jou ? Op ‘n Woensdagmiddag volg ‘n Woensdagaand en Woensdagaand is Bybelskool.  In my toestand nie die beste plek om heen te gaan nie. Om vir ‘n uur te gaan konsentreer en intelligent te probeer lyk met ‘n gebroke vlees en ‘n amper onwillige gees is ‘n tall order.

Met n stomende lyf, stort ten spyt, maak ons dit net om teen halfsewe die konsistorie binne te storm. Chris, ons predikant wat die gesprek lei, staan reeds voor en begin stiptelik.  Met ‘n entoesiasme wat nie anders kan as om jou mee  te voer nie,  begelei hy ons in die lewe en werk van Jesaja en God se betrokkenheid in die wel en wee van Sy volk.  Die gees is gewillig, maar die vlees swig en ek trek so af en toe ‘n groot vis uit. My wederhelf elmboog my met liefde om my daaraan te herinner dat die nie slaaptyd is nie. Uiteindelik oorwin die gees en ek begin intens luister na die gesprek.

Ek praat spesifiek van “die gesprek”, omdat dit presies is wat gebeur. Die Bybelskool  is nie ‘n lesing nie, maar ‘n diepgaande en oop  gesprek tussen voorganger en deelnemers en deelnemers en deelnemers .  Ja daar word intensief voorberei vir hierdie gesprek.

Vinnie het êrens in haar navorsing ‘n bron raak geloop wat ‘n bepaalde perspektief gee; Christine beklemtoon die onrus by die volk en tussen al Willem se notas kom God se deurgaanse betrokkenheid na vore.  Serfies, dis nou Johan Serfontein, maak keel skoon en skiet van die heup. Slegs geloof kan jou red en van die anderkant van die vertrek word hy aangevul deur Jurie wat Christus se woorde aanhaal aan die bloedvloeiende vrou wat sy kleed aangeraak het: “Jou geloof het jou gered.”

Ek luister met verwondering hoedat gelowiges mekaar aanvul, ondersteun en onderrig om beter te kan verstaan wie die God is wat ons onvoorwaardelik aanbid. Die God wat ‘n verwarde Israel deur’ n profeet aanspreek met  geregtigheid en oordeel, maar altyd getemper deur sy alles omvattende liefde van hoop, indien jy in Hom glo.

Sonder dat ek ‘n woord gesê het – want jy hoef nie iets te sê om Bybelskool toe te kom nie; jy hoef net te luister en die voorreg met dankbaarheid te geniet – besef dat uit verwarring twee goed na vore kan kom: ‘n ontsag vir die Here se hantering van enige situasie en ‘n geloof in Hom wat ek in my lewe moet demonstreer, soms met ‘n oortuiging wat stil geleef word, en soms met dieselfde oortuiging wat duidelik uitgespel word, selfs vir my teenstanders.

Dankie dat  ek dit met jou kon deel en ek nooi jou om saam met my te kom luister in die Bybelskool. Jy hoef nie te praat nie net luister.

Vrede en vreugde

Frik Buys

NG Kerk Somerstrand

  • Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel
    Een van die uitstaande kenmerke van die fliek Babe, is die klein varkie se geweldige begeerte om die regte ding te doen. Hy is altyd gereed om te doen wat nodig is. As die gans hom vra om die wekker te gaan haal in die baas se kamer, gaan Babe sonder skroom in, al beteken dit dat hy in ‘n groot gemors beland toe hulle die verf omskop en die hele kamer bemors […]
  • Eerste Kwartaal 2012
    […]

Read feed

Communitas

  • Missionale Safari
    Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari […]
  • Verder Geluister: 2 Kon 2: 1-12
    19 Februarie 2012 ~ Sondag van die verheerliking ~ 2 Kon 2: 1-12 Ek is beïndruk met die Preekstudies (Leesrooster) se hantering van hierdie teksgedeelte. Dis ‘n  voorreg om so ‘n preekhulp te hê. Na my oordeel moet ‘n mens 2 Kon 2 tot ten minste vers 14 lees, en beslis Markus 9:2-9 daarmee saam. Mense sonder Bybelkennis gaan nie die verband tussen die twee g […]

Read feed