Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag
Dit sluit aan by wat Paulus al vroeër gesê het en bou op die uitsprake van God wat krag gee. Ons het juis nodig dat ons oë oopgaan vir die groot krag wat God in ons ontketen het, soos Paulus al in 1:19 geskrywe het: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet … hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo”!
En die rede waarom dit belangrik is, is omdat dit net God se krag is wat ons in staat sal stel om op ons pos te kan bly en mee te werk aan die vestiging en uitbreiding van die evangelie! Ons voer die stryd nie alleen nie.
Dit is interessant om te sien wat die dinge is waardeur ons die krag van God ervaar en toelaat in ons lewe. Paulus noem 7 maniere, waarvan net een, die Woord, met ‘n aanvalswapen gekoppel word, die swaard:
Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek
Die huweliksverhouding – 5:21-33
Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees. Mans en vrouens het almal hierdie opdrag. Trouens, in die Grieks word die woord net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word.
Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV) vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid. Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.
Efesiërs 4:17-5:20 – Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef
‘n Heilige lewe – 4:17-24
Dit is interessant vir my dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16).
Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie. Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges – tree dan op as mense van wie dit waar is. Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.
Efesiërs 4:1-16 – Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe
RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
HOOR
- Lees die Skrifgedeelte.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
- Lees my paar verhelderende opmerkings.
Paulus begin hierdie hoofstuk met ‘n frase wat baie herinner aan Filippense 1:27: “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” In Filippense praat Paulus van ‘n ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus, hier van ‘n ooreenstemming met die roeping wat hulle van God ontvang het. Die roeping het dus te make met die wyse waarop die evangelie in die wêreld tot sy reg kom.
Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid
Ons lees vandag die vierde gevolgtrekking: “Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus” in 3:1-13, waarna ons een van die mooiste gebede in die Bybel – 3:14-21 – sal lees, waarin Paulus vra dat die hele gemeenskap van gelowiges heeltemal vervul sal word met die volheid van God, as ‘n getuienis aan alle mense dat hulle in Christus Jesus vrede met God kan geniet.

February 20, 2012 (9:49) Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Vandag het die brief aan Filemon my iets oor my benadering tot ander kom leer. Ons is so geneig o...
February 15, 2012 (11:18) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die o...
February 15, 2012 (9:23) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?
February 15, 2012 (2:54) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ten minste het ons in Timoteus dus 'n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik oo...
February 15, 2012 (11:29) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook a...