Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges
Uit die gesprek en gebed van hoofstuk 1 trek Paulus nou vier gevolgtrekkings in hoofstuk 2-3 wat hy met ‘n verskeidenheid beelde inkleur. ‘n Mens kan dit so opsom:
- God gee aan alle gelowiges plek by Hom as getuienis van sy goedheid – 2:1-10;
- Joodse en heidense gelowiges is saam een nuwe mensheid in Christus – 2:11-18;
- God woon in hierdie gemeenskap van gelowiges as getuienis aan die mensdom – 2:19-22.
- Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus – 3:1-13
Hy sluit dié gevolgtrekkings af met een van die mooiste gebede in die Bybel – 3:14-21 – waarin hy vra dat hierdie hele gemeenskap van gelowiges heeltemal vervul sal word met die volheid van God, as ‘n getuienis aan alle mense dat hulle in Christus Jesus vrede met God kan geniet.
Ons lees vandag net hoofstuk 2 en met die volgende bydrae hoofstuk 3.
Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul
Onthou om eers tot rus te kom en self die Bybelgedeelte te lees, voor jy my opmerkings lees. Die volgende formaat sal jou daarmee help:
RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
HOOR
- Lees die Skrifgedeelte.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
- Lees my verhelderende opmerkings.
LEEF
- Wat is die Here besig om jou te leer?
- Sluit met gebed af.
Verhelderende opmerkings
Efese was ‘n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons jaartelling. Die tempel van Artemis (vgl Hand 19), een van die sewe wonders van die antieke wêreld, was ook daar. Vandag is daar net ruïnes oor van Efese, naby die moderne stad Selçuk.
Paulus begin sy brief aan hulle met ‘n gesprek met die gemeente wat uitmond in ‘n gebed. In dié gesprek loof hy God die Vader vir al die seëninge van die Gees wat daar in Christus Jesus aan ons gegee is (1:3-14). In sy gebed bid hy dat die gemeente van Efese God werklik sal kan ken (1:15-23).
Dit is al genoeg om oor na te dink! God het ons geseën met alles wat ons nodig het vir hierdie lewe. Die kern daarvan is dat ons God kan ken en met Hom in verhouding kan lewe. Ons oë moet net al hoe meer daarvoor oopgaan. Dit is iets waarvoor ons self kan en moet bid. En dit is iets wat ons van God kan verwag – ook vandag.
Handelinge 20:17-38 – Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang
Paulus reis dan weer terug na Troas (Turkye), waar hy – soos Petrus Dorkas uit die dood opgewek het – ook vir Eutigus uit die dood opwek, wat die gelowiges, ten spyte van hulle vaak lywe, buitengewoon bemoedig het.
Terwyl hy reeds begin het met die reis na Jerusalem, wil hy nog vir oulaas met die ouderlinge van die gemeente in Efese praat en hy reël dat hulle mekaar ontmoet in Milete, so 60 km van Efese aan die kus.
Handelinge 18:18-19:40 – God doen wonderbaarlike dinge in Efese
Efesiërs
Handelinge 18:18-19:40 – God doen wonderbaarlike dinge in Efese
Voor jy die gedeelte lees, is dit goed om net weer te dink aan hoe Lukas hierdie tweede boek van hom skrywe.
- Hy vertel met die boek Handelinge die storie van die redding van hierdie wêreld, soos dit ontvou van Jerusalem – die hart van die Joodse volk – tot in Rome – die hart van die wêreldryk en –bevolking.
- Hy doen dit in ses groot hoofstukke(elke keer afgesluit met min of meer dieselfde opsommende opmerking oor die verspreiding van die evangelie):
- Die verspreiding van die evangelie na Jode in Jerusalem (1:1-6:7);
- Die verspreiding van die evangelie na Jode in Judea, Galilea, Samaria en Afrika (6:8-9:31);
- Die verspreiding van die evangelie na heidene in Seserea (Noord-Palestina) met Saulus (Paulus) wat tot bekering kom (9:32-12:24);
- Die verspreiding van die evangelie na Asië (12:25-16:5) wat alle mense insluit, Jode en Grieke;
- Die verspreiding van die evangelie na Europa (16:6-19:20) wat alle mense insluit, Jode en Grieke;
- Die verspreiding van die evanglie na Rome via die gevangeniskap van Paulus (19:21-28:31) wat alle mense insluit, Jode en Grieke.
- Die verhale van die gemeente van Efese val aan die einde van hoofstuk 5 en die begin van hoofstuk 6, waarin die evangelie nou die grense na die hart van die politieke sisteme van daardie tyd oorsteek.
LEES DIE GEDEELTE!
‘n Paar opmerkings van my kant af.
Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012
Ons lees van 12 Januarie 2012 af Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon, en sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus[1]. Filemon was waarskynlik ‘n geestelike leier van Kollosse (Kol 4:9 – Onesimus, sy slaaf, is “een van hulle”). Die vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol 4:7,9; Ef 6:21) en Onesimus (Kol 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.
Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel. Verfris jou geheue hier: Filippi, Efese.
Daar was, interessant genoeg, ook nog ander briewe van Paulus, bv dié een aan Laodisea (Kol 4:16 – Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle: Open 3:14-22), wat ongelukkig verlore geraak het. Hoe jammer!

April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!