Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers

Written by Chris van Wyk on January 20th, 2012. Posted in Filemon

Paulus skryf hierdie persoonlike brief (weereens saam met Timoteus) aan Filemon, een van die geestelike leiers van die gemeente in Kolosse (Filemon 2; Kol 4:9).  Sy slaaf, Onesimus, het hom op een of ander manier benadeel en toe gevlug. Onesimus se pad het in Rome met Paulus in die gevangenis gekruis.  Hoe dit presies gebeur het, weet ons nie, maar die resultaat van dié ontmoeting was dat Onesimus tot bekering gekom en in Jesus Christus begin glo het.  Hoewel Onesimus van veel nut vir Paulus self kon wees, het Paulus egter besluit om hom eerder terug te stuur sodat hy met Filemon versoen kan word.  Vandaar dié brief in die vroeë sestiger jare nC waarin hy die situasie tussen die twee gelowiges wou uitsorteer tot almal se bevrediging.  Dit gee ons ‘n baie interessante perspektief op hoe verhoudinge tussen gelowige werkgewers en werknemers behoort te werk.

Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012

Written by Chris van Wyk on December 9th, 2011. Posted in Efesiërs, Filemon, Filippense, Kolossense, Timoteus, Titus

In ‘n vorige rondte het ons Paulus se twee eskatologiese briewe gelees aan die gemeente in Tessalonika en sy vier leerstellige briewe aan die gemeentes in Galasië, Korinte en Rome.

Ons lees van 12 Januarie 2012 af Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon, en sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus[1].  Filemon was waarskynlik ‘n geestelike leier van Kollosse (Kol 4:9 – Onesimus, sy slaaf, is “een van hulle”).  Die vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol 4:7,9; Ef 6:21) en Onesimus (Kol 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.

Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel.  Verfris jou geheue hier: Filippi, Efese.

Daar was, interessant genoeg, ook nog ander briewe van Paulus, bv dié een aan Laodisea (Kol 4:16 – Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle: Open 3:14-22), wat ongelukkig verlore geraak het.  Hoe jammer!

Lees verder oor die Skedule van leeswerk, die byeenkomste in Somerstrand en die toekomstige beplanning van die Bybelskool.

NG Kerk Somerstrand

  • Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel
    Een van die uitstaande kenmerke van die fliek Babe, is die klein varkie se geweldige begeerte om die regte ding te doen. Hy is altyd gereed om te doen wat nodig is. As die gans hom vra om die wekker te gaan haal in die baas se kamer, gaan Babe sonder skroom in, al beteken dit dat hy in ‘n groot gemors beland toe hulle die verf omskop en die hele kamer bemors […]
  • Eerste Kwartaal 2012
    […]

Read feed

Communitas

  • Missionale Safari
    Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari […]
  • Verder Geluister: 2 Kon 2: 1-12
    19 Februarie 2012 ~ Sondag van die verheerliking ~ 2 Kon 2: 1-12 Ek is beïndruk met die Preekstudies (Leesrooster) se hantering van hierdie teksgedeelte. Dis ‘n  voorreg om so ‘n preekhulp te hê. Na my oordeel moet ‘n mens 2 Kon 2 tot ten minste vers 14 lees, en beslis Markus 9:2-9 daarmee saam. Mense sonder Bybelkennis gaan nie die verband tussen die twee g […]

Read feed