Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome
Die verhaal wys hoe God se wil ontvou beide in
- die normale verloop van omstandighede (skeepsroetes, reisskedules op grond van weertoestande, die stormwind Eurakilon) en die keuses van leiers (die keuses van die Julius en die kaptein en eienaar van die skip)
- asook in die insette van God self (engel).
Die impak van verkeerde keuses word deur God ingespan en oorkom om sy wil te laat geskied. Dit is ook opmerklik dat Paulus tree-vir-tree deur God gelei word,
- aanvanklik met sy eie insig dat daar lewensverlies kan wees (ek sien) wat doodgewone “common sense” is,
- en later met God se insig, dat daar geen lewensverlies sal wees nie, aan die hand van die gesig wat hy van die engel kry.
God gebruik beide normale maniere as abnormale maniere om sy wil ten uitvoer te bring.
Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa
Wat anders is hierdie keer, is dat die koningshuis van Juda betrek word (soos dit ook met Jesus was – Luk 23:8), en Paulus die evangelie aan (Markus Julius) Agrippa II, een van die Herodes konings, en ook aan sy suster Bernice, kan verkondig. Sy oupa Herodes Antipas (Luk 9:9; 23:8) het baie belanggestel in Jesus self, hoewel sy pa, Agrippa I, weer verantwoordelik was vir die dood van Jakobus (Hand 12:1-2). Hy is op bonatuurlik wyse dood (Hand 12:23 – deur ’n engel van die Here).
Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks
Voor die Joodse Raad
Let op dat die Here Jesus weereens persoonlik aan Paulus verskyn om hom moed in te praat en die belofte/opdrag te gee dat Paulus hierdie getuienis tot in Rome sal bring.
Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word
Hoe om die Gees se woorde te interpreteer
Die rol van die Heilige Gees in hierdie gedeelte, en die wyse waarop die gelowiges Hom ervaar, is baie interessant en insiggewend vir ons eie verstaan van Hom en vir ons onderskeidingsprosesse.
- Dat die Gees vir Paulus voorberei vir ’n pad van lyding wat vir hom wag, is duidelik, soos Paulus vir die ouderlinge van Efese in Milete reeds gesê het (20:22-24) en soos die Here Jesus self vir Ananias opdrag gegee het om vir Paulus reg aan die begin van sy roeping te sê: “Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.” (9:16) Dit was immers nie anders in die lewe van Jesus nie – Hy moes ly om die wil van God te vervul! Lyding sou deel van die roeping van Paulus wees. Dit was duidelik reeds reg aan die begin van sy roeping.
- Die gelowiges in Tirus het ook hierdie boodskap van lyding van die Gees gehoor, maar wil Paulus dit spaar en raai hom aan om nie Jerusalem toe te gaan nie (21:4). Dit sou egter Paulus se lewensroeping en die persoonlike woord van die Gees in sy lewe dwarsboom (20:2-24). Hy kan dus nie inval met hulle goedbedoelde, maar misplaaste raad nie, en gaan, nadat hulle saamgebid het, verder op die reis, juis na Jerusalem.
- Netso kom die profeet Agabus in Sesarea met die waarskuwing aan Paulus dat hy aan die heidene uitgelewer sal word, weereens onder leiding van die Heilige Gees (21:10-11). Die waarskuwing is egter vir Paulus ’n bevestiging dat hy nie moet terugdeins van die lyding wat vir hom wag nie, maar juis moet volhard in sy voorneme om Jerusalem toe te gaan. Tot Agabus se krediet volstaan hy met Paulus se reaksie op sy woord.
- Hieruit sien ’n mens die gevaar wat altyd in geestelike onderskeiding bestaan. ’n Mens hoor dieselfde woord van die Heilige Gees – ’n waarskuwing byvoorbeeld – maar maak afleidings daaroor in terme van ’n mens se eie denke – ’n mens moet gevaar vermy byvoorbeeld. Paulus daarenteen doen die regte ding, en verbind die woord van die Gees aan sy lewensroeping – lyding gaan deel wees van jou pad – en loop die pad van lyding met blymoedige dapperheid.
Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
Die botsing tussen die Christelike godsdiens (die leer van die Here) en die heidense godsdienste van Efese bereik nou ’n hoogtepunt, met veral die vakmanne wat beswaar maak teen die effek wat die Christelike geloof op hulle beroepsbeoefening het. Demetrius stook die onrus aan vanuit sy persoonlike situasie, maar spel ook die gevolge uit wat die evangelie op die publieke respek vir die godin Artemis het, en haar aanhang sal laat kwyn, en natuurlik hulle inkomste dan sal bedreig.

February 20, 2012 (9:49) Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Vandag het die brief aan Filemon my iets oor my benadering tot ander kom leer. Ons is so geneig o...
February 15, 2012 (11:18) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die o...
February 15, 2012 (9:23) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?
February 15, 2012 (2:54) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ten minste het ons in Timoteus dus 'n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik oo...
February 15, 2012 (11:29) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook a...