Skip to main content

Bybelskool oor Prediker en Hooglied

Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied.

  • Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
  • Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk.  Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde.  Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd.  En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke.  Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes.  Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.

Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied.  Registreer by bybelskool.com.  Dit is gratis.

In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei.  Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke.  Kyk by ngkerksomerstrand.co.za.

Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:

Continue reading

Inleiding op Hooglied

Lied van liedere

Hooglied is ‘n digterlike perspektief op die liefdeskuns tussen ‘n man en vrou.  Dit werk met ‘n hele aantal liefdesgedigte wat verskillende kante van die liefde uitlig.  Dit is letterlik ‘n “Lied van liedere”, ‘n “Song of songs” (“Canticle of Canticles”) soos dit in Engels vertaal word.  Luther het dit Hooglied genoem.

Salomo

Hoewel die boek tradisioneel aan Salomo toegeskryf is, is daar baie min geleerdes wat dit vandag nog handhaaf.

  • Aan die een kant kom Salomo se naam 7 keer voor in die boek (1:1, 5; 3:7, 9, 11; 8:11, 12).  In hoofstuk 3:6-11 word ‘n beskrywing gegee wat met Salomo self geïdentifiseer kan word.  Die man verwys ook na homself as die koning (7:5).  Die vrou word ook in die gedigte as koningin beskryf (6:8-9).
  • Aan die ander kant kan die titel van die boek bv vertaal word as: “Die mooiste lied oor Salomo” (1:1).  Dit maak sin as ‘n mens in ag neem dat dit in 8:11-13 wil voorkom asof die man iemand anders as Salomo is.  Die verwysing na die man en vrou as koning en koningin kan daarby liefdesname wees wat hulle in die digterlike verwysings na mekaar gebruik.

Belangriker as die mening hieroor, is egter die deurlopende feit dat die vrou in haar gedigte duidelik kies vir persoonlike liefde, eerder as die gedeelde liefde van die harem, soos wat die geval met Salomo sou wees.  Dit maak dit onwaarskynlik dat die skrywer Salomo is.

Continue reading

Hooglied 1:1-11 – Passievolle plesier in saamwees

Indeling

Die indeling van hierdie gedigte is nie eenvoudig nie.  ‘n Mens sou die indeling in die NAV kon gebruik, waarin hier net die man en die vrou in gesprek met mekaar geplaas word.  ‘n Mens sou ook Peterson se indeling kon gebruik: The Woman – vers 2-7; The Man – vers 8-11.

Ek het dit op voetspoor van Christina Landman as volg ingedeel, met die laaste deel van vers 4 wat die stem van ander vroue verteenwoordig, en vers 8 dié van ander mans (Landman noem hulle vriendinne en vriende).  Dit gee ‘n interessante dinamiek van wisselende stemme.  Ek plaas die inhoud van die onderskeie eenhede vas aan mekaar, ter wille van spasie, en noem telkens die veronderstelde subjek van die gedig sowel as die een aan wie dit waarskynlik gerig is:

Continue reading

Hooglied 1:12-2:7 – Wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding

Indeling

Die indeling van die onderskeie gedigte is redelik voor die hand liggend, behalwe dat vers 17 ook goed sou pas in die man se mond.  Dit is gegiet in die vorm van ‘n gesprek tussen die man en vrou.

Betekenis

Die klem op die sintuiglike kant van hulle liefde vir mekaar word in hierdie gedigte voortgesit.  Al 5 sintuie is betrokke:

  • voel (linkerarm onder my kop, regterarm omhels – 2:6),
  • sien (jy is mooi, jou oë is duiwe – 1:15),
  • hoor (soos ‘n lelie tussen dorings; soos ‘n appelbooom tussen wilde bome – 2:2-3),
  • proe (sy vrugte is soet in my mond – 2:3),
  • ruik ( my nardusparfuum se geur versprei;  die man … is vir my ‘n sakkie mirre; is vir my ‘n bos hennablomme – 1:12-14).

Die vergelykings met sintuiglike items het egter ook ‘n dieper betekenis.  Dit wys ook wat hulle beteken vir mekaar:

Continue reading

Hooglied 2:8-17 – Bedwelming en beskerming in die liefde

Die indeling van die gedigte is redelik voor die hand liggend.  Die vrou se gedigte sluit nie net haar eie gedagtes in nie, maar ook die woorde van die man in haar lewe.  En dit is ‘n pragtige beskrywing aan die een kant van die bedwelmende impak van die liefde, sowel as aan die ander kant die behoefte aan beskerming in die liefde.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda