Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan
Lukas vertel die opstandingsverhaal in vier dele:
- Die leë graf – 24:1-12
- Die Emmausgangers – 24:13-35
- Jesus se verskyning aan die dissipels – 24:36-49
- Jesus se hemelvaart – 24:50-53
Lukas 23:1-56 – Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges
Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig.
- In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71).
- In die tweede verhoor deur Pilatus, die Romeinse goewerneur, kla die Jode Hom aan dat Hy beweer dat Hy ook die Koning is – ook iets waarin hulle nie glo nie – en bevind Pilatus Hom onskuldig (23:1-5), maar tog word Hy ook na ’n derde verhoor gestuur, dié deur Herodes.
- In die derde verhoor deur die Joodse koning Herodes, maar ook onderdaan van die Romeinse ryk, verander Herodes se blydskap in veragting, toe Jesus nie vir hom wonderwerke wil doen nie, en dryf Herodes met Jesus die spot en stuur Hom terug na Pilatus (23:6-12). Let op dat ook Herodes dié bewering dat Hy Koning is verwerp, en daarom eintlik nie ’n rede het om Hom sleg te behandel nie.
- In die vierde verhoor (in wese ’n voorsetting van die tweede verhoor) is Pilatus eksplisiet in sy onskuldigbevinding (“geen grond vir die aanklag”) en tog swig hy onder die druk van die moordlustigheid van die Joodse leiers en gee Jesus in die teenwoordigheid van al die Jode, ook die skare wat so graag na Hom geluister het, oor om gekruisig te word (23:13-25).
Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons
22:1-6
22:7-13
Op die Donderdag, die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, of te wel die Paasfees, stuur Jesus vir twee van die binnekring dissipels, Petrus en Johannes, om alles reg te kry. Waarskynlik doen Hy dit so sodat Judas nie die plek te wete sou kom nie, en Hy die Paasmaaltyd met sy dissipels sou kon eet, sonder inmenging van die Joodse leiers. Sommige geleerdes dink dat die bokamer wat gereedgemaak is, die huis van Maria was, die ma van Johannes Markus, waarvan ons later in Handelinge lees (12:12).
Lukas 21:1-38 – Volhard in waaksaamheid en gebed
- 21:5-6: die tempel sal afgebreek word in die afsienbare toekoms;
- 21:7-19: allerlei rampe en vervolginge sal daarop volg;
- 21:20-24: Jerusalem sal verwoes word;
- 21:25-28: Die Seun van die mens sal terugkeer;
- 21:29-33: Die koninkryk van God sal kom (gelykenis van die vyeboom);
- 21:34-38: Die dissipels moet waaksaam en biddend bly.
Lukas 19:45-20:47 – Jesus het nie net ’n groot intellek nie, maar veral diep wysheid
Die lering neem veral die vorm aan van ’n strydgesprek tussen Jesus en die Joodse leiers waar Hy die vrae antwoord wat deur verskillende Joodse groepe aan Hom gestel word, met tussen-in leringe in die vorm van gelykenisse en geprekke met sy dissipels.

February 20, 2012 (9:49) Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers Vandag het die brief aan Filemon my iets oor my benadering tot ander kom leer. Ons is so geneig o...
February 15, 2012 (11:18) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die o...
February 15, 2012 (9:23) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?
February 15, 2012 (2:54) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Ten minste het ons in Timoteus dus 'n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik oo...
February 15, 2012 (11:29) 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook a...