Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here
2:1-7
Lukas verbind die verhale van die Verlosser aan die gebeure op die wêreldfront ter wille van die konteks daarvan. Hy noem keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië, eersgenoemde omdat Palestina deel van die Romeinse ryk was, en laasgenoemde omdat hy waarskynlik die hele Palestynse gebied se volkstelling gereël het (volgens sommige historici was Quirenius Varus toe goewerneur, met Sirenius waarskynlik ’n militêre veldheer wat Varus bygestaan het) . Die volkstelling het ongeveer in 7-6 vC plaasgevind, wat dan ook Jesus se geboortedatum moes wees.
Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede
1:57-66
Let op hoe die wonder wat God doen ’n uitkringende effek het. Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea. Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen. Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.
Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe
- die belofte van twee groot Godsmanne, Johannes die Doper, en Jesus die Verlosser (1:1-38),
- die reaksie daarop van twee groot Godsvroue, Maria en Elisabet (1:39-56) wat gekontrasteer word met die reaksie van Elisabet se man Sagaria (1:5-25) en
- die geboorte van Johannes die Doper waarop sy pa se tong loskom en hy uitbars in lof aan God en ’n profesie oor beide Johannes en Jesus (1:57-80).
WEEK 1: Lukas 1:1-4:13
- Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg. Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal. Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
- Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
- ! – IETS WAT JOU GETREF HET
- ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
- ↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
- Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra. So leer ons almal by mekaar.

April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!