Skip to main content

Die Openbaring aan Johannes – Jesus Christus se testament en agenda

Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes.  Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.  Die agenda sluit die kerk in, dit omvat die heelal en dit word in die geskiedenis uitgewerk.

Openbaring handel nie net oor die apokaliptiese dinge van die eindtyd wat naby is nie, maar bemoedig en versterk gelowiges om vas te staan in geloof en getrou te bly aan die opdrag om as koninkryk van priesters vir God die Vader op te tree …

Ek sien uit om dié boodskap DV verder saam met julle te ontgin in die vierde kwartaal 2013!

Ons begin 17 Oktober om die boek Openbaring te lees, en volg dit op met die briewe van Johannes (ek wou Judas ook doen, maar wil dit liewer saam met die briewe van Petrus behandel, omdat dit met mekaar verband hou – DV 1ste kwartaal 2015).  Die skedule is min of meer as volg:

Teks Datum

Byeenkoms

Open. 1-5 17-23 Okt.

23 Okt.

Open. 6-10 24-30 Okt.

30 Okt.

Open. 11-15 31 Okt-6 Nov.

06 Nov.

Open. 16-22 7-13 Nov.

13 Nov.

1 Joh. 1-5 14-20 Nov.

20 Nov.

2&3 Joh. 21-27 Nov.

27 Nov.

Volgende jaar volg die volgende boeke DV:

Matteus Eerste kwartaal 2014
Psalms 73-106 Tweede kwartaal 2014
Jeremia en Klaagliedere Derde kwartaal 2014
Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël Vierde kwartaal 2014

Inleiding op Openbaring

Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes.  Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.  Die agenda sluit die kerk in, dit omvat die heelal en dit word in die geskiedenis uitgewerk.

Continue reading

Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur

Die eerste hoofstuk kan in vier dele opgedeel word:

  • ’n Openbaring deur Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur – vers 1-3;
  • Johannes se boodskap aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië – vers 4-5a;
  • ’n Lofprysing aan die Verlosser, dié Een wat weer kom, gebaseer op God se selfbekendmaking as die Alfa en die Omega, die Een wat is, wat was en wat kom – vers 5b-8;
  • Johannes se visioen van Jesus Christus wat hom inspan om aan die sewe gemeentes in Asië te skryf – vers 9-20.

Continue reading

Openbaring 2 – Bly getrou tot by die Wederkoms

Die Here Jesus dikteer vervolgens aan Johannes sy onderskeie boodskappe aan die sewe gemeentes.  Telkens lui die opskrif van die (brief)boodskappe: “Skrywe (ook) aan die boodskapper van die gemeente in …”  Die term boodskapper val op, want dieselfde woord as dié vir engel in 1:1 word gebruik.  Hier is dit egter nie die engel van Jesus Christus nie, maar die engel of boodskapper van die gemeente, d.w.s. die leier, leraar of voorganger van die gemeente, soos dit in baie vertalings weergegee word.

Continue reading

Openbaring 3 – Fokus op gemeenskap met Jesus

Hierdie hoofstuk bevat die laaste drie briewe wat Jesus aan die gemeentes dikteer.

Die boodskap aan Sardis – “Skrik wakker en versterk dié wat oorbly” – vers 1-6

Weereens hou die prentjie van Jesus verband met die prentjie van die gemeente.  Jesus word geteken as die Een wat nie net die Gees van die Here in sy volheid besit nie – voorgestel deur die sewe Geeste van God – maar ook die sewe sterre in sy hand hou – die sewe voorgangers van die gemeentes.  In Hom het hulle alles wat nodig is om oorwinnend te lewe.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda