Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
Lees dan Psalm 1 en fokus op wat dit vir jou sê in die lig van al die ander Psalms wat ons tot dusvêr gelees het.
Ek is getref deur die oorhoofse boodskap van die Psalms dat die mens sy doel en bestemming in die lewe saam met God vind, soos Psalm 1 reeds aangevoer het. Die Psalms leer my hoe om te bid, hoe om te leef, en hoe om God te loof. Dit help my om die emosies te verwoord wat ek oor die hele spektrum van die lewe ervaar. Dit spreek nie net my intellek aan nie, maar help my ook om gehoorsaam te wees en emosioneel gesond voor God te lewe.
Die Psalms help my om van ‘n oor-God gesprek na ‘n met-God gesprek te beweeg.
Ek het geleer dat enigiets wat die kwaliteit en ervaring van my gemeenskap met God bedreig ’n bedreiging vir die lewe self is. Die Psalms spoor my aan om met integriteit en vertroue te leef – om nougeset te let op hoe ek met God in verhouding leef, en Hom te vertrou, veral waar ek swaarkry of moedeloos is. Selfs wanneer daar twyfel is, en die donker dele van die lewe in die oë gestaar moet word, leer die Psalms my dat sin gevind word in die nabye teenwoordigheid van God.
Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe. Soos Elwell dit stel, dit gaan goed met iemand wat “the corrosive influence of the cynical” vermy, “taking pleasure instead in every revelation of the mind and will of God, feeding his mental life on the divine Word”.
Dit is waarom, om by Psalm 1 aan te sluit: die fokus van die regverdiges net op een ding kan wees: die woord van God. Want, waar God se openbaring in my hart leef (Psalm 37:31), bepaal Hy my koers, trouens – soos Psalm 1:6 in die oorspronklike lui – ervaar ek dat “die Here die pad van die regverdiges ken”. En daar is niks wat my meer tot rus bring nie as dié ervaring, dat God my ken.
Sela
Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed
Vers 1-4
Só ’n persoon – iemand wat omgee vir ander in hulle nood – kan met reg na God gaan in sy eie tyd van nood, en om hulp smeek. Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed.
Psalm 40 – U woord is my hele lewe
Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:
Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U
Die Psalm wys hoe uiters belangrik nadenke en gebed is vir iemand wat worstel met die impak wat slegte mense op hulle lewe het. Om in direkte gesprekke met sulke mense te gaan, bring eerder meer konflik as wat dit oplossing bring. Maar om jou wroeging en ontsteltenis nou net weer in te hou, en niks te sê nie, maak ’n mens weer siek van binne.
Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
Die Psalm wentel dus om sonde met siekte – in meer as een sin. Dit skets die worsteling en onsekerheid wat siekte as sodanig in ’n mens se lewe bring. En dit trek ’n verband tussen sonde en siekte – ten minste in die ervaring van die sieke – met die besef van en behoefte aan skuldbelydenis in die verwagting van God se genade, vergifnis en genesing.

April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!