1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou
Let op hoe Paulus die onderlinge eerbetoon motiveer: “sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie”. Die gemeente is die draer en beskermer van die evangelie, en doen dit deur in leer en lewe opreg en outentiek te lewe. En veral in die werkplek kan die naam van God in gedrang kom, sowel as die leer van en geloof in Christus, as hulle met mekaar in konflik oor allerlei sou wees.
Lojaliteit aan mekaar en aan die evangelie is nie onderhandelbaar nie. Die bande tussen gelowiges is deur God gesmee, soos trouens ook hulle bande met Hom. En dit moet bo alles gehandhaaf word. Selfs ons onderlinge vermaning, bemoediging en onderskraging moet uit hierdie diep bewussyn van eenheid met mekaar en God gedoen word.
1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag
Onderlinge onderskraging
Die woord parakaleoo wat hier met vermaan vertaal word, kan ook met bemoedig of vertroos vertaal word, of selfs met die woord onderskraging. Dit is die woord wat ook vir die Heilige Gees se werk gebruik word (Johannes noem Hom die Paraklêtos wat met Voorspraak of Trooster vertaal word – Joh 15:26, 16:7). Dit is ook die woord wat vir Jesus Christus se bemoedigende en vertroostende werk in ons lewe gebruik word (Fil 2:1 – “troos in Christus” – paraklêsis).
1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid
Draers en beskermers van die waarheid – 3:14-16
1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter
1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens
En let op waarmee hy begin. Nie met die prediking of die organisasie nie, maar met gebed. En hy spel die werkswyse daarin uit ook in terme van mans en vroue.
Daarna eers, in hoofstuk 3, skets hy die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, ouderlinge en diakens, altyd met die fokus van die gemeente in gedagte, 1) dat hulle die gemeente is van die lewende God, en 2) dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid” (vers 15). Maar daaroor later.

April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!