Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek

Written by Chris van Wyk on 09/02/2012. Posted in Efesiërs

Print Friendly
Paulus vervolg om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word – soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het.

Die huweliksverhouding – 5:21-33

Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees.  Mans en vrouens het almal hierdie opdrag.  Trouens, in die Grieks word die woord net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word.

Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV) vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid.  Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.

Ten opsigte van vroue word die onderdanigheid verder uitgespel in terme van hulle huweliksverhouding.  Hulle moet die belange van hulle mans eerste stel, soos Christene dit in elk geval vir mekaar doen.

Ten opsigte van mans word die onderdanigheid uitgespel in terme van hulle liefde, die gee van hulleself in versorging.  Die Griekse woord is agapê wat beteken liefde ten spyte van, dws ‘n liefde wat standvastig bly ten spyte van uiterlike of innerlike omstandighede.  Die mans moet dus ook hulle vroue eerste stel, soos Christene die in elk geval doen.

Onderdanig wees (submit, yield) en liefhê (ten spyte van) is dus eintlik voëls van eenderse vere (vgl 1 Kor 7 waar Paulus op soortgelyke wyse praat oor die seksuele verhouding).  In albei gevalle kwalifiseer Paulus dit daarby met die frase “soos aan Christus”.  Die kwaliteit van die huweliksverhouding moet gebaseer word op hoe ons met Christus in verhouding lewe.

Die gesin – 6:1-4

Let op hoe Paulus oor die wet praat en dit uitlê in terme van die gesinsverhoudinge (5de gebod).  Hy koppel dit aan die belofte van die Here waaraan seën en ‘n lang lewe gekoppel is.  Maar die gebod word uitgebrei om dieselfde tipe aanspraak op die ouers te plaas dat hulle “soos die Here dit wil” by hulle kinders betrokke moet wees en hulle versigtig hanteer sodat hulle nie opstandig raak en die dissipline hulle wegdruk nie.

Gesagsgrense word nie deur geloof in Christus opgehef nie, maar sagter gemaak en beperk in terme van die uitkoms daarvan.  Kinders moet uiteindelik groot word soos die Here dit wil, en ouers moet alles in hulle vermoë doen om dit reg te kry.

Die werkplek – 6:5-9

Soos huweliksmaats en gesinne teenoor mekaar met eerbied en liefde moet optree, so moet dit ook in die werkplek gebeur, weereens “soos aan Christus”.  Practicing the Presence of God is nie deur Brother Lawrence uitgevind nie, maar reeds deur Paulus aan slawe voorgeskryf!  En eienaar word aangeraai om te dink daaraan dat die Here niemand voortrek nie, en hulle dus nie beter as hulle slawe in die oë van die Here is nie.  Belangrike gedagtes vir die tyd waarin Paulus-hulle gelewe het.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed