Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012

Written by Chris van Wyk on 09/12/2011. Posted in Efesiërs, Filemon, Filippense, Kolossense, Timoteus, Titus

Print Friendly
In ‘n vorige rondte het ons Paulus se twee eskatologiese briewe gelees aan die gemeente in Tessalonika en sy vier leerstellige briewe aan die gemeentes in Galasië, Korinte en Rome.

Ons lees van 12 Januarie 2012 af Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon, en sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus[1].  Filemon was waarskynlik ‘n geestelike leier van Kollosse (Kol 4:9 – Onesimus, sy slaaf, is “een van hulle”).  Die vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol 4:7,9; Ef 6:21) en Onesimus (Kol 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.

Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel.  Verfris jou geheue hier: Filippi, Efese.

Daar was, interessant genoeg, ook nog ander briewe van Paulus, bv dié een aan Laodisea (Kol 4:16 – Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle: Open 3:14-22), wat ongelukkig verlore geraak het.  Hoe jammer!

Lees verder oor die Skedule van leeswerk, die byeenkomste in Somerstrand en die toekomstige beplanning van die Bybelskool.

Skedule van leeswerk

  • Filippense:                       12 – 19 Januarie 2012
  • Filemon:                           20 Januarie 2012
  • Kolossense:                       23 – 30 Januarie 2012
  • Efesiërs:                             31 Januarie – 9 Februarie 2012
  • 1 en 2 Timoteus:                  10 – 24 Februarie 2012
  • Titus:                             27 – 29 Februarie 2012

Byeenkomste in Somerstrand – Woensdae 18:30

  • 18 Januarie 2012
  • 25 Januarie 2012
  • 01 Februarie 2012
  • 08 Februarie 2012
  • 15 Februarie 2012
  • 22 Februarie 2012
  • 29 Februarie2012

Toekoms beplanning van die Bybelskool

Ek beplan – “in die Here” soos Paulus so graag skrywe! – om die volgende skedule te volg in my plasing van bydraes, indien gemeentes dit moontlik in ag wil neem  in die beplanning van hulle eie Bybelskole en kleingroepe

Datum Bybelboek Tydsduur
Tweede kwartaal 2012 Prediker en Hooglied 4 weke
Derde kwartaal 2012 Spreuke 6 weke
Vierde kwartaal 2012 Daniël en Openbaring 6 weke
Eerste kwartaal 2013 Esra, Nehemia en Ester 7 weke
Tweede kwartaal 2013 Psalms 42-72 6 weke
Derde kwartaal 2013 Jeremia en Klaagliedere 10 weke
Vierde kwartaal 2013 Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël 7 weke
Eerste kwartaal 2014 Esegiël 9 weke
Tweede kwartaal 2014 Psalms 73-106 7 weke
Derde kwartaal 2014 Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi, Daniël 6 weke
Vierde kwartaal 2014 1 en 2 Kronieke 10 weke
Eerste kwartaal 2015 Job 8 weke
Tweede kwartaal 2015 Psalms 107-150 9 weke
Derde kwartaal 2015 Genesis en Eksodus 7 weke
Vierde kwartaal 2015 Levitikus, Numeri, Deuteronomium 7 weke
Eerste kwartaal 2016 Josua en Rigters 9 weke

 


[1] Daar is verskil van mening oor Paulus se outeurskap van sommige van die dertien briewe wat in die Nuwe Testament opgeneem is.  Ek kies om al Paulus se briewe as kanonieke briewe te lees, en die historiese vrae daaroor aan Nuwe Testamentici oor te laat.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed