Lees, Luister, Leef
Vandag wil ek iets sê oor ons lees van die Bybel in hierdie Bybelskool en jou daarna net herinner aan ‘n verskeidenheid ander maniere om die Bybel te lees. In die volgende paar weke kan jy enigeen van dié metodes gebruik (of afwissel) om die betekenis van die teks vir daardie dag te ontsluit.
My passie is om die Woord só oop te sluit vir ons dat ons – in die woorde van Eugene Peterson – daarvan ‘n woonplek maak. My droom is dat die Bybel vir ons ‘n ruimte word waarbinne ons God sal ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op ons reis deur die wêreld raak.
Daarom is dit so belangrik om 1) die Bybel self eers te lees … voordat jy my bydraes daaroor lees … EN 2) daaroor te reflekteer. Geestelike groei kom as ‘n mens albei doen, deeglik lees EN deeglik nadink daaroor. Eers daarna kan jy lees wat ek daaroor skrywe, en met my ook in gesprek tree daaroor, ook jou vrae vra, en met ons almal deel wat die Here vir jou in die gedeelte laat duidelik word het.
‘n Nuwe manier wat ek wil voorstel – veral as jy, soos nou, ‘n hoofstuk op ‘n slag lees – is die volgende:
- LEES - Lees die gedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer.
- Bestudeer die karakters - Maak ‘n lys van die persone of groep in die gedeelte en dink na oor wat van hulle gesê word en hoekom.
- Oorweeg die sleutelgedagte – Kies ‘n vers of frase wat die hoofstuk vir jou die beste opsom.
- Maak ‘n opsomming – Skryf ‘n kort opsomming van die inhoud met die klem op wat jou getref het. Dit help ook om ‘n opskrif vir die gedeelte te kies.
- LUISTER - Dink na oor wat God vir jou deur die gedeelte wil sê.
- LEEF - Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag.
Hier is nog ander metodes wat jy by jou eie behoeftes kan aanpas.
related post
Tags: Bybelstudie, Bybelstudie metodes, Galasiërs
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!