Vryspraak, verbondsgemeenskap en vryheid

Written by Chris van Wyk on 11/10/2010. Posted in Galasiërs

Print Friendly

Nadat Paulus in hoofstuk 2 sy greep op die evangelie verdedig het, raak hy drie kernsake in die res van die brief aan:

1.       die vryspraak (of geregtigheid) wat God aan gelowiges gee in Christus Jesus (3:1-4:20),

2.       die verbondsgemeenskap wat Hy deur sy Gees tussen gelowiges skep (4:21-5:12) en

3.       die vryheid wat gelowiges geniet van beide die Joodse wet as die sondige lewenswyse van die heidene (5:13-6:17).

Hierdie gawes van God word deel van gelowiges se lewens op grond van die historiese kruisdood en teenswoordige opstandingslewe  van Christus Jesus (2:19b-20) sowel as deur die kragtige toerustende en bemagtigende werk van die Heilige Gees in hulle lewens (3:5; 5:25).

En die radikale betekenis en impak hiervan mag onder geen omstandighede verswak word deur weer die wet te probeer onderhou (2:16) en/of in eie krag te lewe nie (3:3).  Dan plaas jy jouself immers weer onder die vloek van die (nakoming van die) wet (3:10) en is jy uitgelewer aan die begeertes van jou sondige natuur (5:16-18).

Daarom skryf Paulus met soveel passie en dringendheid: die evangelie is op die spel, die vryspraak van God, die verbondsgemeenskap met Hom en mekaar en die vryheid wat Christus deur sy Gees gebring het, is in gedrang.

En dit is nie net ’n teoretiese stuk lering nie.  Dit is van deurslaggewende praktiese belang vir die gelowiges wat uit die heidendom kom.  Hulle is juis verbondsgemeenskap ontsê deur sommige gelowiges uit die Joodse geledere en nie as ware kinders van Abraham gereken nie.  Daarom dat Paulus soveel tyd spandeer aan sy lering oor wie deel het aan die belofte van Abraham (die woord Abraham word 9 keer gebruik in die brief) en wie geloof het soos Abraham en wie sy kinders is.  En telkens spel hy dit uit dat die gelowiges uit die heidendom volledig deel van die verbondsgemeenskap geword het.  Hulle is kinders van Abraham (3:29).

Geen wonder dat Luther so baie van hierdie brief gehou het nie.  Dit is aan die een kant ’n baie suiwer uiteensetting van die evangelie, maar aan die ander kant ook van groot praktiese betekenis.  Hy noem Galasiërs: “my own epistle, to which I have plighted my troth; my Katie von Bora” (sy vrou).[1]


[1]Aangehaal in Longenecker, Richard N.: Word Biblical Commentary : Galatians. Dallas : Word, Incorporated, 2002 (Word Biblical Commentary 41), liii


related post

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed