Die hart van die Christelike geloof

Written by Chris van Wyk on 08/10/2010. Posted in Galasiërs, Geloof

Print Friendly

Onthou dat dit nog in die vroeë jare van die vestiging van die Christelike geloof was, skaars 20 jaar na die kruisdood en opstanding van Jesus Christus.  Daarom verdedig Paulus nie net sy apostelskap in hierdie brief nie (“Ek is … aangestel … deur Jesus Christus en deur God die Vader” – 1:2), maar ook die evangelie (“Jesus Christus het dit in ’n openbaring aan my gegee” – 1:12), veral teen die bedreiging wat sekere Joodse gelowiges se idees oor die belang van hulle kultuurgebruike vir die kerk in die breë gehad het.

Joodse kultuurgebruike?

Een van die kernvrae vir die kerk was: Moet Christene uit die heidene ook die Joodse kultuurgebruike – soos die wet dit voorskryf – aanneem of nie? Dws, moet gelowiges uit die heidene 1) besny word, 2) volgens die Joodse eetgewoontes leef, en 3) die Joodse feeste vier, waarvan die Sabbat die belangrikste viering was.

Sommige Joodse Christene het gedink dat die Joodse besnydenis, dieet en feeste lewensbelangrik was vir gelowiges uit die heidene.  Paulus het hom egter vurig daarteen verset en wys met hierdie brief die gevaar van só ’n standpunt onomwonde uit.  Die nuwe bedeling draai om geloof in Jesus Christus en het afskeid geneem van ’n godsdiens gebaseer op die wet (besnydenis, dieet, feeste).  Ons leef nou in die bedeling van die Gees.  En almal wat in Christus is, is kinders van Abraham en daarom deel van die een Godsvolk.

Dit is die evangelie, en enigiemand wat 1) Joodse kultuurgebruike op ander af forseer of 2) hulleself afskei van mense wat nie die kultuurgebruike nakom nie (Petrus!) rand die evangelie aan.  Dit is die hart van die Christelike geloof en die hart van die boodskap van hierdie brief aan die Galasiërs.

Geen wonder dat Paulus kort hierna – as ’n mens aanvaar dat die brief op sy eerste sendingreis geskryf is aan die Romeinse provinsie Galasië – saam met ander gelowiges van Antiochië in Sirië na Jerusalem toe is om uitsluitsel oor hierdie brandende vraag te kry.  En soos Lukas in Handelinge 15 vertel, het hierdie vergadering van gelowiges besluit om gelowiges uit die heidendom nie te dwing om die Joodse kultuurgebruike na te kom nie, soos Paulus inderdaad geleer het.

Daarom bly die Galasiërbrief so belangrik vir die kerk deur die eeue.  Telkens as mense afdwaal van die kern van die Christelike geloof deur ander (kultuur) reëls neer te lê vir die Christelike lewe of hulleself afskei van mense wat nie soos hulle leef nie, herinner hierdie brief ons om ons eenheid te soek in ons geloof in Christus, en nie in ons kultuureie nie.


related post

Tags: ,

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed