Die eiename JHWH en Jesus
Vertaling is ‘n kuns, want ‘n mens werk met dooie tale wat nie vandag meer lewende gebruikers het, vir wie jy kan gaan vra as jy twyfel nie.
JHWH
So ver my kennis strek, werk dit as volg:
- In die Hebreeuse Bybel was daar aanvanklik net konsonante gebruik. Dit is hoe Jesus die Bybel geken het.
- Die Eienaam vir God was weergegee met die volgende letters: JHWH (‘n mens noem dié weergawe met letters uit ons alfabet: getranskribeer).
- Die naam kom die eerste keer voor in Eks 3:14-15.
- God sê daar in vers 14 vir Moses: “Ek is (het jou gestuur)”.
- In Hebreeus word dit met konsonante as volg getranskribeer: ‘HJH.
- En in vers 15 gee God dan sy Eienaam as JHWH.
- Die Jode wou egter nie dié naam uitspreek nie, omdat hulle bang was hulle gebruik Sy naam ydelik.
- Daarom het hulle die naam Adonai gebruik as hulle die Bybel hardop gelees het, wat My Here/My Baas beteken (Adon = Here/Baas).
- Toe die Joodse Masorete begin het om klinkers in te sit by die konsonante (tussen 6de en 10de eeu nC!), het hulle dus die JHWH gevokaliseer met die klinkers van Adonai (die i van dié woord is ‘n konsonant wat die vorige klinker a verleng, en wat “my” beteken).
- Volgens die Hebreeuse taalreëls het dit gelei dat die woord JHWH dus as JEHOVAH uitgespreek is, en dit het dus die betekenis Here gekry het.
- Die regte klinkers is tot vandag toe nie bekend nie, maar die waarskynlikste is Jahweh.
- As ‘n mens Eks 3:14 as vertrekpunt neem, beteken die eienaam JHWH iets soos HY IS.
- So, selfs die woord Here is eintlik ‘n geleende woord. Dit beteken dat God se naam waarskynlik HY IS is, die Een wat teenwoordig is, die Een wat bestaan, die Een wat daar is (ens.). Sy IS-heid defineer Sy wese.
- Dit gee ‘n interessante perspektief op Jesus se EK IS uitsprake in die Johannes evangelie, waarmee Hy sy goddelikheid in geen onseker terme verklaar nie.
So, dit maak nie regtig saak of ‘n mens die woord vandag as Here of Jahwe sou vertaal nie, want die een werk nog met die Jehovah-Here interpretasie, en die ander werk met ‘n laat interpretasie van wat die klinkers sou wees. Dit sou moontlik meer korrek wees om die Eienaam net met die konsonante JHWH voor te stel – dws presies soos dit aanvanklik in die Hebreeuse Bybel geskryf is.
Jesus
Die woord Iēsoûs (getranskribeer) is die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Jeshua (getranskribeer). Omdat die NT in Grieks geskryf is, het ons die Griekse naam oorgeneem en as Jesus vertaal. As ons met die Hebreeuse woord sou werk, sou ons dit waarskynlik met Josua weergee, want dit is hoe die woord Jeshua in Hebreeus in die OT vertaal is.
related post
Tags: JHWH
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!