Jesus se Ek is-uitsprake
Met die 8 Ek-is uitsprake van Jesus word die prentjie van Jesus in terme van sy Goddelike betekenis vir mense uitgespel. Hy maak God bekend aan die wêreld, in terme wat ryk aan Ou Testamentiese betekenis is:
- “Ek is wat Ek is” – 8:24,58 – vgl Eks 3:14, waar dieselfde van God self gesê word;
- “Ek is die brood wat lewe gee” – 6:35,48 – vgl Eks 16:4, waar God deur die manna voorsien het;
- “Ek is die lig vir die wêreld” – 8:12 – vgl Jes 49:6 waar dit van die dienaar van die Here voorspel word;
- “Ek is die ingang vir die skape” – 10:7, 9 – vgl Eseg 41 waar die ingang na die hemelse tempel en God se ewige teenwoordigheid beskrywe word;
- “Ek is die goeie herder” – 10:11,14 – vgl Eseg 34 waar God self as herder optree en sy dienaar Dawid daarvoor aanstel;
- “Ek is die opstanding en die lewe” – 11:25 – vgl Jes 53:7-12 waar die dienaar van die Here se dood en opstanding beskrywe word wat lewe vir baie sal gee;
- “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” – 14:6 – vgl Jes 30:20-21 waar God as die Een beskryf word wat sy volk leer en op die regte koers hou;
- “Ek is die wingerdstok” – 15:5 – vgl Jes 5 waar Israel die wingerd van die Here is, maar in hulle roeping gefaal het.
Jesus word egter ook as ’n man van vlees en bloed geteken – hy raak moeg (4:6) en dors (19:28), huil oor Lasarus (11:35), en bloei aan die kruis (19:34). Daarmee bevestig Johannes die menslikheid van Jesus teenoor die valse profete van sy tyd wat net op Jesus se goddelikheid klem gelê het.
related post
Tags: Johannes
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!