Johannes 16:1-33 – Die Heilige Gees is ons inspirasie

Written by Chris van Wyk on 17/05/2011. Posted in God, Johannes

Print Friendly

RUS

  • Ek raak stil voor die Here en wy my aan Hom toe.

HOOR

  • Ek lees Johannes 16.  Die volgende aspekte tref my:
Die hoofstuk val in vier dele uiteen: 

  • In aansluiting by die vorige waarskuwing dat die wêreld hulle sal haat, moedig Jesus hulle aan om nie afvallig te raak weens vervolging nie – 16:1-4;
  • Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom wat die gelowiges in die volle waarheid sal lei – 16:5-15;
  • Jesus gebruik beeldspraak om sy opstanding na ’n “klein rukkie” te voorspel wat tot groot blydskap vir hulle sal lei asook vrymoedigheid in gebed – 16:16-24;
  • Jesus moedig hulle weereens aan om moed te hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin en hulle sal die vrug daarvan geniet – 16:25-33.

16:1-4: Dit tref my hoe pertinent Jesus die dissipels waarsku om nie afvallig van Hom te raak nie.  Om Jesus te volg, is nooit eenvoudig nie.  Daarvoor sal daar altyd te veel teenstand wees teen die ware gelowiges wat aan Jesus getrou wil bly.  En in die dissipels se geval sal die teenstand kom van die Joodse leiers (ban uit die sinagoges) en die Romeinse ryk (vervolging het amper 4 eeue voortgeduur).

16:5-15: Jesus praat hier oor Sy hemelvaart wat die voordeel het dat Hy die Heilige Gees dan kan stuur.  Die Heilige Gees se funksie sal wees om aan die een kant die sondigheid van die wêreld aan te toon, sowel as die oordeel van die duiwel (negatiewe funksie) en daarteenoor aan die ander kant dat die reg aan Jesus se kant is (positiewe funksie).

Let op dat die Gees nie net ’n interne private funksie in die gelowiges het nie, maar ook ’n publieke funksie.  Maar Hy lei ook elke gelowiges in die volle waarheid deurdat alles wat Jesus vir die gelowiges verwerf het, deur die Gees aan hulle gegee sal word.

16:16-24: In ’n stuk beeldspraak praat Jesus dan van sy opstanding na ’n “klein rukkie” wat die dissipels egter nie mooi begryp nie.  Dan brei Jesus verder daarop uit en praat van hulle hartseer oor sy dood, wat egter net die geboorte van die nuwe koninkryk sal wees.  Hulle droefheid sal in blydskap verander.  En dié blydskap sal hulle ’n nuwe vrymoedigheid gee in hulle gebede.  In Jesus se naam sal God hulle gebede verhoor.

16:25-33: Jesus los dan die beeldspraak en praat reguit oor sy aanvanklike koms van die Vader af en sy komende terugkeer na Hom toe.  Let op hoe dit hulle in geloof laat reageer – hoewel hulle steeds nie standvastig kon wees in die Lydenstyd wat binnekort in Getsemane sou verdiep (daarvoor het hulle die inwoning van die Gees nodig gehad), soos Jesus inderdaad weer voorspel.

LEEF

  • Dit is so wonderlik dat Jesus van die dissipels se oorwinning praat terwyl Hy weet dat hulle binne ’n paar uur liederlik sal faal.  Enigiets goeds wat in my lewe gebeur (of wat ek dink ek reggekry het), kom uiteindelik en in die laaste instansie van die Here af.
  • Ek loof die Here vir Sy Gees wat in my woon en my in die oorwinning van Jesus laat deel.

Tags: ,

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed