Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee

Written by Chris van Wyk on 02/09/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Hierdie verhaal is van sleutel belang vir die ontwikkeling van die evangelie. Hiersonder sou die Christelike evangelie ’n Joodse sekte gebly het en nooit sy grense kon oorsteek na elke nasie en volk nie.  Waar die Samaritane en die Etiopiese amptenaar (Hand 8 ) nog deel van die Joodse geloof was (die Samaritane het nou wel ’n gemengde godsdiens gehad, maar het ook die Pentateug as gesaghebbend vir hulle godsdiens beskou), is dit nou onbesnede mense wat die evangelie hoor en glo (let op die beswaar in Hand 11:3).

Ek eis as ek dink wat kon gebeur het as Petrus nie uiteindelik ja gesê het vir die visie wat die Here hom gegee het nie.  En maak geen fout nie – dit was ’n geweldige uitdaging vir hom wat groot risiko vir hom in sy eie gemeenskap ingehou het.  Geen wonder dat dit dan ook die langste verhaal in Handelinge is.  Lukas het duidelik die belangrikheid hiervan besef.

Dit is ook opmerklik dat dit ’n beweging van God was, en nie in die eerste plek van Petrus of die kerk nie.  Die engel van God sit die proses aan die gang met sy verskyning aan Kornelius, die Romeinse of Italiaanse burger, in Seserea, wat vir Petrus moet laat haal (50 km daarvandaan in Joppe).  En Petrus beleef op sy beurt ’n ekstatiese geestesvervoering (die Griekse woord ekstasis word gebruik) waarin hy ’n visioen sien en ervaar dat die Here (Jesus) sowel as die Gees met hom praat om Kornelius se versoek te eer.

En wanneer Petrus begin om te preek, nog voordat hy klaar gepraat was, word die Heilige Gees ook aan die heidene gegee  met die begeleidende teken van tale, soos in die begin op Pinksterdag.  Let op dat die doop hier ná die uitstorting van die Heilige Gees gegee word, selfs voordat daar vreeslik sprake van bekering is.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed