Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik

Written by Chris van Wyk on 06/09/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Vervolging het altyd ook ‘n positiewe kant, in die sin dat God dit gebruik om visie vir sy mense te gee, en positiewe gevolge daaruit te laat voortspruit. Let op dat dit mense uit Afrika was, dws mense wat nie in die hart van die Jerusalem gemeente was nie, wat die evangelie aan nie-Jode verkondig in Antiogië, die derde grootste stad van daardie tyd naas Rome en Alexandrië.

Hulle volg waarskynlik die voorbeeld van Petrus, ten minste soos Lukas vir ons die verhaal vertel. Verandering kom dus uit die sentrum, Petrus wys hoe deur die paradigma te skuif (nie-Jode is nou welkom), en van die randte af, mense op die periferie wat die nuwe paradigma ‘n lewenstyl maak.

In dit alles is dit die Here wat die verandering bewerk. Hy het die leiding in Petrus se geval geneem. Hy doen dit nou ook in die res van die wêreld.   Dit is ’n sleutel insig wat Lukas ons gee vir ons eie  betrokkenheid in die wêreld.  God is konstant besig om sy koninkryk te vestig en te bou in nuwe gebiede, en ons lewensroeping is om daarby aan te sluit.

Barnabas word nou gestuur om die nuwe gelowiges te bemoedig, wat tot ‘n volgende fase van uitbreiding sou lei met Saulus wat ingetrek word in die nuwe gemeente en binnekort saam met hom onder die direkte leiding van die Heilige Gees uitgestuur sou word.  Barnabas as eenmankommissie word dus baie gou aangevul met Saulus om nie net die las van die bediening te hanteer nie, maar ook ander tipe gawes in te span om die gemeente sy bestaansdoel te laat verwesenlik.

Die situasie in hierdie gemeente wys op ’n besondere manier hoe nie net die evangelie versprei nie – apostels en gewone gelowiges doen daaraan mee – maar ook hoe ’n gemeente intern funksioneer, sowel as binne die verband met ander gemeentes.  Ons sien bv. hoe die Here “gawes” van leierskap en begeleiding gee (Saulus en Barnabas), onder andere ter wille van dinge soos gemeenskap, lering en inskakeling binne die groter verband van die geloofsgemeenskap oor die wêreld (Barnabas).

Let op hoe Barnabas se karakter deur Lukas beskryf word.  Barnabas is ’n goeie man, soos Lukas ook vir Josef van Arimatea (Luk 23:50) beskryf het, die enigste ander persoon wat die titel kry. Barnabas was ook met die Heilige Gees vervul. Daarbenewens het Barnabas ook, soos Stefanus (Hand 6:5), ’n vaste geloof gehad.

Barnabas se uitstaande bydrae tot die bediening in Atiogië, soos tevore in Jerusalem,  is dat hy die jong kerk daar aangespoor het om met hart en siel aan God getrou te bly (Hand 11:23). Dit is iets wat by uitstek kenmerkend van sy bediening was.  Die woord wat hier gebruik word om sy betrokkenheid te beskryf, is die woord “parakalei” (aanmoedig of bemoedig) wat ooreenkom met sy Hebreeuse naam Barnabas wat beteken: “seun van bemoediging/ vertroosting”.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed