Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
Let op dat die samestelling van die leierskap in Antiogië multi-kultureel is wat waarskynlik een van die primêre redes vir hulle effektiewe uitreik na ander volkere toe was.
Let veral op na die feit dat hierdie 5 leiers saam as leiers besig was om die Here te dien en te vas, en dat dit die ruimte skep waarin die Here hulle, en sy kerk, verder kan inspan in die koms van die koninkryk in hierdie wêreld.
Die woord leitourgeō (waarvan ons woord liturgie afgelei is) word gebruik om hulle “diens” te beskryf en kan beter met aanbid (worship) vertaal word. In die OT is die woord vir die priesterlike diens in die kultus gebruik, dws alles wat in die tabernakel-tempel gebeur het om die volk met God in kontak te bring (wat natuurlik veral die offers ingesluit het). In die sinagoge is die woord leitourgeō vir die bediening van die Woord en die gebede gebruik, wat ’n groot impak gehad het op die kerk se ontwikkeling van die Christelike erediens (liturgie).
Maar omdat dit net die 5 leiers is wat hier bymekaar is, beskryf Lukas waarskynlik hier hulle gemeenskap in gebed en hulle aanbidding van God namens en ter wille van die gemeente. Terloops, in Hebreërs word die woord in sy OT betekenis gebruik en onder andere op die soenoffer van Jesus van toepassing gemaak – kyk bv Hebr 8:6.
En dit is juis dan wat die Heilige Gees vir Barnabas en Saulus roep uit die geledere van die leiers om deur die gemeente uitgestuur te word om die verdere werk wat Hy vir hulle het, te gaan doen.
Let ook op die gebede (saam met vas) van die gemeente wat daarmee nie net van die Here bevestiging ontvang nie, maar ook hulle seën op die werk van die leiers kan plaas.
Dit kan ook nie anders dat die pad waarop die Here hulle lei deur erge teëstand van die Bose ontmoet word nie, in die persoon van Elimas (of Bar-Jesus, wat ironies genoeg, “Seun van Jesus” beteken!) – net soos Jesus ook aan die begin van sy bediening deur die duiwel teëgestaan word en in versoeking gelei word, en Simon die towenaar die evangelie vir eie gewin probeer inspan het in Samaria (Hand 8:9-24) en hierna nog ’n paar keer sou gebeur (Hand 16:16-17 – die waarsêergees in Filippi).
Paulus tree egter sterk op die voorgrond en bestraf die Bose wat tot ’n deurbraak vir die evangelie in die politieke sfeer in die persoon van die goewerneur Sergius Paulus lei.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!