Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille
Maar, teenstand het ook altyd ’n positiewe gevolg, in hierdie geval, dat die geloofsgemeenskap fundamenteel moes dink oor wat kan hulle van mekaar verwag in die uitleef van hulle geloof, en dat in die proses van geloofsonderskeiding, hulle ons ook wys hoe ’n mens besluitneming in die geloofsgemeenskap moet hanteer sodat dreigende verskille oorbrug kan word.
Let op dat hulle almal kans gee om hulle menings te lug – die voorstanders van die besnydenis en dié wat dink dat dit nie ’n noodsaaklike Christelike lewenspraktyk is nie. Die hart van hulle onderskeiding is die fokus op 1) die getuienis van die Skrifte sowel as 2) die werk van God oor die wêreld heen soos dit duidelik geword het in die bediening van die evangelie. En hulle sorg dat daar wye instemming is voordat dit aan die res van die geloofsgemeenskap oorgedra word.
Interessant is dat twee mense saam met Paulus en Barnabas teruggaan om die goeie nuus te gaan oordra oor die besluite, Judas Barsabbas en Silas (in Latyn Silvanus – 1 Tes 1:1; 2 Tes 1:1; 2 Kor 1:19 – moontlik ook die skrywer wat Petrus met sy briewe gehelp het – 1 Pet 5:12). Silas word natuurlik kort hierna ’n kollega van Paulus met die meningsverskil wat daar tussen Barnabas en Paulus ontstaan het oor Johannes Markus.
Almal was uiteraard bly oor die bemoedigende boodskap en die gemeente in Antiogië reageer ook met ’n groeteboodskap terug aan die gemeente in Jerusalem – ’n gebaar wat waarskynlik die agtergrond vorm van die gebruik van sommige sinodes om groeteboodskappe aan mekaar te stuur. Gemeentes kan dit gerus ook meer gereeld teenoor mekaar doen.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!