Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars

Written by Chris van Wyk on 14/09/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Die besluit oor die besnydenis het verreikende gevolge vir die ontwikkeling van die Christelike kerk gehad.  Aan die een kant het dit die kernwaarhede van die Christelike godsdiens bevestig, dat dit oor Jesus, die Seun van God, en Sy verlossende boodskap, wat vir die wêreld bedoel is, gaan, en dat alles daaraan gemeet moet word.  Aan die ander kant het die besluit oor die besnydenis ‘n baie duidelike breuk gebring met die Joodse godsdiens veral in sy wettiese karakter (of wettiese interpretasie daarvan).

Dit laat my net weereens besef, die Christelike godsdiens gaan oor ‘n verhouding met die lewende God deur die bemiddelende werk van Jesus en die Gees, en nie oor die nakom van ‘n stel reëls nie.  En ons sal goed doen om hierdie boodskap ter harte te neem.  In die voortslepende gesprek oor die doop (deur die eeue) en die nagmaal (versus die Roomse mis) – om maar net twee voorbeelde te noem – moet die sentrale figuur van Christus raakgesien word.  Ons eenheid lê in Hom en nie in die verskillende praktyke wat  in ons kerklike sisteme vir ons belangrik geword het nie.  En ons moet mekaar nie so aanvat oor ons verskille dat die eenheid in Christus nie meer raakgesien word nie.

Die uitbreiding van die evangelie na Asië word met twee verhale afgesluit.

Die een het te make met die konflik wat daar tussen Barnabas en Paulus ontstaan toe hulle op die “tweede sendingreis” wil gaan.  Barnabas kies om sy tyd aan Johannes Markus te spandeer, en Paulus om die pad van die evangelie na die wêreld te neem.  En hoewel ‘n mens met reg ontsteld kan wees oor die geweldige konflik tussen hulle twee, was albei se keuse tot heil van die kerk.

  • Barnabas kry dit reg om Markus só te begelei dat hy uiteindelik nie net met Paulus versoen word nie (Kol 4:10; 2 Tim 4:11; Filemon 24), maar ook die evangelie van Markus te skrywe (volgens die tradisie het hy die woorde van Petrus neergepen, met wie hy ‘n goeie verhouding gehad het volgens 1 Pet 5:13).  Barnabas en Paulus het ook versoen, hoewel die detail daarvan nie vir ons vertel word nie (vgl Paulus se waarderende woord oor Barnabas na hierdie gebeure in 1 Kor 9:6).
  • En Paulus word deur die Here gebruik om die evangelie tot in Rome te neem, waaroor die res van die verhaal van Handelinge handel.  En Paulus se briewe aan die gemeentes wat in die proses gestig word, word in baie opsigte die hart van die teologiese verwoording van die Christelike godsdiens.

Die ander verhaal het te make met die bemagtiging van ‘n ander jong leier, Timoteus, wat deur Paulus ingetrek word in die bediening en wat uiteindelik gebruik sou word om die ontwikkeling van die kerk in die tweede geslag te bevorder.

Beide Paulus en Barnabas fokus dus ook op die opkomende geslag van bedienaars, terwyl hulle voortgaan om self die evangelie te verkondig, ‘n fokus wat ons gerus ook ter harte kan neem in ons eie bedienings.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed