Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop
Let op hoe belangrik die ondersoek van die Skrifte is om die verband tussen Jesus en die beloofde Messias te trek, beide in Tessalonika en Berea. Lukas gebruik hier vir die eerste keer die woord redeneer om Paulus se metodiek aan te dui, ’n woord wat hy hierna gereeld gebruik (17:17; 18:4–19; 19:8, 9; 20:7; 24:12), wat moontlik ‘n nuwe benadering aandui. Sommige geleerdes dink dat daarmee na die Sokrates metodiek verwys word, waar mense deur vraag en antwoord begelei word tot insig, in hierdie geval aan die hand van die Skrifte (wat hy so vir hulle uitgelê of oopgemaak het).
Maar soos nou al die patroon geword het, is daar ook groot teenstand. Paulus verwys daarna in sy latere briewe aan Tessalonika (1 Tes 2:14; 3:4; 2 Tes 2:1vv) wat hy waarskynlik in Korinte geskrywe het. Die Jode kom in Tessalonika nie soseer in opstand teen die boodskap nie, maar teen die aanhang wat Paulus hulle skielik geniet. Hulle tree dus uit jaloesie op. Dit is ook die Jode uit Tessalonika wat vir hulle in Berea moeilikheid gaan veroorsaak, hoewel daar darem ’n groot groep Jode is wat die boodskap van Jesus gunstig ontvang.
Die teenstand is egter so erg dat die gelowiges vir Paulus ver wegneem na Atene, 350 km daar vandaan. Die jong Timoteus en Silas word agter gelaat om die gemeente verder te bearbei. Timoteus sou later uit Korinte teruggestuur word deur Paulus om hulle te bemoedig en te hoor hoe dit gaan.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!