Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa
Wat anders is hierdie keer, is dat die koningshuis van Juda betrek word (soos dit ook met Jesus was – Luk 23:8), en Paulus die evangelie aan (Markus Julius) Agrippa II, een van die Herodes konings, en ook aan sy suster Bernice, kan verkondig. Sy oupa Herodes Antipas (Luk 9:9; 23:8) het baie belanggestel in Jesus self, hoewel sy pa, Agrippa I, weer verantwoordelik was vir die dood van Jakobus (Hand 12:1-2). Hy is op bonatuurlik wyse dood (Hand 12:23 – deur ’n engel van die Here).
Hierdie toespraak is van groot belang, en bevestig die woord van Jesus dat die dissipels voor konings en goewerneurs gebring sal word (Matt 10:18; Luk 21:12). Let op dat Paulus nie regtig fokus op sy eie verdediging nie, maar op die verkondiging van die evangelie. Dit is immers waaroor hierdie gevangenskap gaan. En onthou ook dat die evangelie nou van die huis van Kornelius (Hand 10) tot in die paleis van die goewerneur ten aanhore van die konings gevorder het, ten minste hier in Sesarea (Hand 23-26).
Paulus skets in vier punte in sy toespraak :
- sy lewensverloop van sy Joodse wortels af – om sy suiwer Joodsheid te beklemtoon;
- sy teenstand teen Jesus van Nasaret – om sy oortuigde verbintenis aan die Joodse godsdiens te bevestig;
- sy ontmoeting met Jesus as Here – om die Goddelike ingrype in sy lewe te beklemtoon;
- sy bediening aan die Jode en heidennasies – om sy gehoorsaamheid aan die Here te beklemtoon, en terselfdertyd uit te wys wat die beteken om aan God gehoorsaam te wees: om bekering met dade te bewys.
Terloops: Hand 26:25 het nie die frase “onder leiding van die Heilige Gees” nie. Daar staan eintlik dat Paulus woorde “van waarheid en gesonde verstand” spreek. Dit wil sê, wat hy sê, kan deur almal ondersoek word wat ’n bietjie gesonde verstand aan die dag wil lê om die waarheid daarvan te ondersoek.
Soos vroeër in sy gesprekke met Felix is Paulus se aanbieding baie oortuigend, maar uiteindelik nie genoeg om die koning tot inkeer te bring nie. Festus reageer skerp afwysend, Agrippa minder skerp, moontlik selfs aangeraak, waarskynlik omdat die boodskap sin gemaak het uit wat hy geweet het van die Skrifte, hoewel dit hom uiteindelik nie beweeg nie.
Paulus se beroep op die keiser –onthou Jesus se belofte/opdrag (Hand 23:11) – bring uiteindelik die masjinerie in beweging om Paulus die reis na Rome te laat aanpak, hierdie keer onder bevel van die Romeinse offisier, Julius.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!