Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig

Written by Chris van Wyk on 23/08/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly

4:1-22

Dit tref my hoe ’n belangrike rol die wonders en tekens speel in die eerste fase van die gemeente van Jerusalem se getuienis na hulle Joodse gemeenskap.  Dit konfronteer die mense en veral die leiers met die aktiewe teenwoordigheid van God in die voortgang van die bediening van Jesus deur die kragtige werking van die Heilige Gees.  Daarop reageer ’n hele paar duisend Jode met oorgawe deur hulle tot die Here te bekeer en deel van die gemeenskap van gelowiges te word.

Dit is egter nie die geval met die Joodse leiers nie.  Hulle reageer met onthutste woede en sluit die apostels op.  Wanneer die apostels egter vir hulle verduidelik met Wie se krag hulle die wonders en tekens doen, en hulle nie juis kan ontken dat daar iets wonderliks gebeur het nie, probeer hulle die impak daarvan omseil deur hulle te dreig om nie verder in die Naam van Jesus te preek en werk nie.

Die Joodse leiers is ook verbaas met die vrymoedigheid van die apostels omdat die apostels ongeleerd en eenvoudig (die Griekse woord is idiotes) was.  Lukas verbind hierdie vrymoedigheid egter aan die werk van die Heilige Gees, iets wat ons weer sal sien in die gesamentlike gebed na hierdie episode.

Let weer op hoe die Woord ‘n konstante metgesel bly in hulle verwoording van hulle geloof teenoor die Joodse Raad, en in hulle verwerking van wat gebeur het in hulle gebede in die volgende perikoop van hoofstuk 4.

4:22-31

Nadat die apostels vrygelaat is, vergader die gemeente eendragtig en bid, ironies genoeg, vir nog meer vrymoedigheid en die Gees se vervulling gee hulle presies dit.  Let op hoe hulle die gebeure in die stad Jerusalem verbind aan wat Dawid lank tevore in Psalm 2 geskryf het, en dit deel van hulle gebed maak, dat God sal optree in situasie waarin hulle hul nou bevind, ’n tipe situasie wat Hy reeds lank tevore “voorspel” het.  Hulle vra ook dat die tekens en wonders sal voortgaan, net soseer soos die vrymoedigheid waarmee hulle die boodskap van die evangelie verkondig.

4:32-37

Wat my veral tref, is dat hulle nie net in vrymoedigheid groei na buite toe nie, maar ook in vrygewigheid na binne toe.  Hulle het die bande van vrees vir teenstand van buite afgegooi, maar ook die vreesagtigheid rondom hulle besittings en die behoud daarvan.  ’n Groter passie het hulle beetgepak as die passie om oorlewing en sekuriteit.  Hulle passie is om die Naam van Jesus oral te verkondig en heilig te lewe en heling te bring vir mense, alle mense.

Ons lees hier die eerste keer van Barnabas wat met sy eie vrygewigheid hierdie proses aangevuur het en die gemeente in staat gestel het om sy werk behoorlik te kan doen, ook die werk oor grense heen wat na die vervolging sou begin gebeur.  Barnabas sal hierna ’n groot rol speel in die gasvrye intrek van Saulus, toe niemand van hom iets wou weet nie, sowel as in die bearbeiding van die gemeente van Antiogië wat sou lei tot die uitkringende invloed van die evangelie deur die sendingreise.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed