Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag

Written by Chris van Wyk on 24/08/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly

5:1-11

Die storie van Ananias en Saffira is erg ontstellend. Veral die feit van hulle dood, en dat in die geval van Saffira Petrus letterlik vir haar sê dat die dood haar straf sal wees. Dat hulle probeer het om die gelowiges en vir God mislei, is skreiend, en tugwaardig, maar die doodstraf onthutsend. Die gevolg is vrees onder die gelowiges sowel as die gemeenskap, waarskynlik in die sin van ontsag.

Dit illustreer iets van God se heiligheid wat ons vandag nie na waarde skat nie.  Ons dink dat sy geduld met ons swakhede gelyk is aan ’n oorsien- en laat-maar-staan houding. Oral waar Hy regtig gedien word, en die koninkryk in Sy krag kom, word die standaard vir die gelowiges gelig, juis omdat hulle nader aan Hom leef en daarom met groter verantwoordelikheid en ontsag moet lewe vir wat God wil en doen.  Niemand lieg vir God en kom uiteindelik daarmee weg nie.

Hierdie heiligheid is egter nie ’n afsonderingsaksie soos ons meer male daaroor dink nie.  Dit is eerder ’n spesifieke manier van leef, ’n leef as kinders van die lig, waarin daar in ons eie en die gemeenskap se lewe nie vir die duisternis plek is nie.  Die woord heilig kan daarom beter verstaan word as “om te straal” of “om te skitter” van God se karakter van heiligheid en heerlikheid.

5:12-16

Daarmee saam het die apostels ‘n groot wonderwerk en genesingsbediening begin opbou.  Die wonders en tekens bediening word voortgesit.  Die helende krag wat van hierdie heilige skitterende gemeenskap uitstraal verander mense se lewens radikaal.  Aan die een kant lei die gebeure rondom Ananias en Saffira tot heling vir mense en tot ’n toename in geloof.  Aan die ander kant neem die vrees en respek vir die dissipels toe onder dié wie se lewens eintlik ontbloot word deur die lig van God.

5:17-42

En dit is juis omdat hulle lewens die lig van God nie kan verdra nie, dat hulle vrees in ’n toenemende konflik en teëstand oorspoel, en ’n grootskaalse vervolging uitbreek.  En let op, dit gebeur in die konteks van ‘n kerk wat groei in heiligheid en heling, ‘n kerk wat na binne en na buite met integriteit en impak lewe, maar wat onder die skoot kom van mense wat die duisternis liewer het as die lig.

Dit tref my hoe vervolging, soos hier, baie keer met afguns te make het, een van die oersondes van die mens.

Die Here gryp egter in en verlos sy mense uit die tronk en hulle sit hul bediening voort.  Dit is opmerklik hoe die Joodse Raad reageer op die wonder van God se verlossing. Hulle is ontsteld oor hulle gesag uitgedaag word (Petrus-hulle verontagsaam hulle verbod op prediking) en hulle beeld voor die volk benadeel word (deurdat die dissipels die Joodse Raad en volk verantwoordelik hou vir Jesus se dood). Hulle mis so die betekenis van wat hier gebeur, dat God aan die werk is, en dat Hy hulle eintlik uitnooi tot bekering en nuwe lewe.

Gamaliël bring vir ‘n tyd ‘n bietjie redelikheid, wat die dissipels nog ‘n klein tydjie gee om voort te gaan met hulle bediening.

6:1-7

Die vrygewigheid wat in die gemeente posgevat het, en deur Barnabas gestimuleer is, versprei ook na die Griekse weduwees. Let op dat die gemeente begin besef dat daar sekere strukture nodig is, en dat dinge nie maar net op ‘n spontane manier gehanteer kan word nie. 7 manne word gekies om na die versorging om te sien.

Lukas beëindig die eerste fase van sy verhaal met die bekende frase: “Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem” waarna die evangelie oor sy eerste grense gaan begin spoel op pad om die wêreld te verower.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed