Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria

Written by Chris van Wyk on 25/08/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Vandag se leeswerk fokus op die stimulus vir, aan die een kant, die vervolging van die Christene en, aan die ander kant, vir die uitbreiding van die evangelie.  En die hoofkarakter is Stefanus wat gevang word weens sy impak op die volk, kans kry om op omvattende wyse te getuig van hoe Jesus in die hele geskiedenis van die volk van Israel ingebed is, en uiteindelik vir Hom gestenig te word.

Let weereens op hoe Stefanus se bediening met die woorde wonders en tekens beskryf word, net soos nou al ’n refrein in die boek Handelinge geword het. Dit getuig van die werklikheid van God se werk in die lewe van Sy dissipels.

Dit tref my egter dat die Jode wel kan sien dat die Here werk – die verlamde man is genees, en hulle sê self dat Stefanus se gesig soos dié van ‘n engel is – maar hulle kies om die werklikheid (van God) te ignoreer, erger nog, hom te stenig daaroor.  Hoe siende blind kan ’n mens nie wees nie!  Maar, wat hulle vir die tweede keer regkry, is om die volk teen die ontluikende Christelike beweging te laat draai.  Die eerste keer was met die kruisiging van Jesus.  Hier is dit met die steniging van Stefanus.

In ‘n verstommende goeie oorsig oor die geskiedenis van die volk Israel van Abraham en Moses (met verstommende ooreenkomste met Jesus se eie bediening) se dae af tot by Salomo en die tempel, wys Stefanus aan die Jode uit hoe hulle nou, soos deur die eeue, hulle eie geskiedenis verontagsaam het.   Hy vat veral hulle misplaaste vertroue op die tempel aan in plaas daarvan om op God self te vertrou.  Dit is een van die redes waarom Jesus voorspel het dat die tempel vernietig sou word, omdat dit die geleentheid sou skep dat die ware aanbidding van God ’n kans sou kry, iets wat baie maklik verlore gegaan het in die amperse verafgoding van die tempel onder die Jode.

Maar sy skerp teregwysing – wat ook die langste toespraak in Handelinge is – lei tot sy steniging. Sy laaste woorde eggo Jesus s’n aan die kruis.  Let op hoe Lukas beskryf hoe die Jode hulle ore toedruk en Stefanus stenig – dit is ’n grusame simbool van hulle wrede weerstand ten spyte daarvan dat hulle die wonders en tekens nie kan ontken nie.  Die tragiese episode eindig met die bekendstelling van Saulus wat nog ‘n groot rol sou speel in die ontvouende verhaal van die evangelie, hoewel hy hier nog aan die kant van die Joodse Raad optree.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed