Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes
8:1-3
Die godvresendes (vromes, godsdienstiges) waarvan Lukas hier praat was waarskynlik Jode wat simpatiek was met die lot van Stefanus en die Christene. Dieselfde woord word gebruik om Simeon te beskryf by Jesus se geboorte (Luk 2:25) sowel as vir die Jode wat op Pinksterdag na Petrus geluister het (Hand 2:5). Daar is ook ’n oorlewering dat Gamaliël, net soos Josef van Arimatea met Jesus gedoen het, vir Stefanus in sy eie graf laat begrawe het (de Villiers), hoewel dit nie met historiese sekerheid gesê kan word nie.
8:4-25
Die groot wonder wat egter met die vervolging gebeur, is dat die evangelie juis daardeur versprei. Dit leer ons dat in alles wat gebeur God aan die werk is en dat ons nie op die oppervlak moet reageer nie, maar dieper moet kyk na wat God doen en daaroor opgewonde word (eerder as oor die pyn van die vervolging).
Let ook op dat wonders, tekens en kragte steeds hulle bediening begelei, soos ons nou in die bediening van Filippus sien. Die werklikheid van God en wat Hy vir mense kan beteken versprei nou oral waar die gelowiges verstrooi word deur die vervolging. Dit is ook opmerklik dat die wonders hulle aandag vang vir die prediking, maar dat dit Christus is wat die blywende blydskap bring. Wonders op sy eie beweeg mense normaalweg nie tot geloof nie.
Interessant is dat die apostels geroep word om die seël op die werk in Samaria te plaas, deur vir hulle te bid, en die hande op te lê, sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang, en Samaria ingesluit kan word in die Pinksterdag gebeure.
Die skerp afwysende reaksie op Simon, wat uit ‘n towenaarsagtergrond gekom het, en sy eie “toorkuns” wou aanvul met die vermoë om vir mense te bid, wys egter ook duidelik dat die apostels geen magiese kragte het nie, en ook enige persepsies dat hulle so ‘n mag sou hê in die kiem wil smoor. Hulle tree in dieselfde krag op as Jesus, en dit is Sy krag wat ook nou ten toon gestel word.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!