Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte
Die verhaal van Filippus en die Etiopiër is belangrik om verskeie redes:
- Dit gee ons ‘n prentjie van hoe God, spesifiek Jesus en die Gees, aktief is onder ons. Jesus, die Here, gee deur ‘n boodskapper, die engel, leiding. In die OT was dié engel van die Here een van die maniere waarop Sy teenwoordigheid op aarde ervaar is (dink aan Abraham en die drie besoekers in Gen 18). God doen dit ook deur die Gees wat opdragte gee. Die Gees neem selfs vir Filippus fisies na ‘n ander plek aan die einde van hierdie verhaal.
- Dit wys hoe belangrik begrip van die Bybelse verhale vir geloof is. Dit illustreer ook die belangrikheid van indringende gesprek oor geloof. Gesprek is die belangrikste manier waarop geloof versprei.
- Dit wys ook hoe belangrik geloof is. Dit is ook waarom die doop onmiddellik bedien is. Net geloof, gebaseer op die Skrif, sowel as op die bereidheid om die gawe van die versoeningsdood van Christus te aanvaar (Jes 53:7-8), is nodig. Sommige manuskripte voeg dan ook by as die Etiopiër vra wat verhinder dat hy gedoop word: “Niks nie – as jy met jou hele hart glo.” Waarop die Etiopiër antwoord: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”
- Dit onderstreep God se liefde vir Afrika. Dit is heerlik om te sien dat die evangelie na Afrika toe uitbrei, voordat dit verder die Midde-Ooste en Europa bereik. Dit maak my baie trots as 21ste eeuse gelowige van en uit Afrika.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!