Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel

Written by Chris van Wyk on 30/08/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Hoe Saulus gedink het dat hy al die Christene wat verstrooi is – deur sy eie Jodegenote! – in Damaskus (240 Noord van Jerusalem) kon gevange neem en in Jerusalem kon kom stilmaak deur hulle daar in die gevangenis te gooi, weet net hy alleen. Dit was ‘n desperate poging wat nooit kon slaag nie.

Wat sy aksies wel laat gebeur, is dat Jesus self ingryp, en van die besete Saulus ‘n begeesterde apostel maak.  Let op dat dit Jesus self is, en nie die Gees nie, wat vir ons wys dat Jesus steeds aktief hier op aarde is, al is Hy na sy liggaam by God.

Soos later die geval in Jerusalem sou wees, is Ananias aanvanklik baie versigtig vir Saulus, maar spreek hom darem as broer aan, nadat die Here hom daartoe oortuig het.  Saulus se roeping is van die begin af een wat lyding sou insluit (2 Kor 11), waarvan ’n deel ook onderlinge misverstande sou wees.  God se belofte aan ons is telkens dat Hy ons te midde van ontberinge behoue sal laat bly.

Hierdie verhaal is so ’n belangrike een vir Lukas, dat hy dit nog twee keer vertel (hfst. 22 en 26), want hoewel Petrus hierna die eerste treë na die heidene sou gee, is dit veral Saulus wat die evangelie oor sy Joodse grense sou laat bars waarmee die wêreld onherroeplik verander is.

Ietsie meer oor Saulus: Sy familie was uit die stam van Benjamin.  Hulle het voor sy geboorte uit Galilea na Tarsus in Silisië (Turkye) verhuis, waar Saulus sy die lewenslig aanskou het.  Vroeg na sy geboorte het hulle na Jerusalem verhuis (Hand. 26:4) waar hy aan die voete van Gamaliël gestudeer het. Lukas vertel ons ook van ’n suster van hom (23:16).

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed