Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus

Written by Chris van Wyk on 01/09/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Na die verstommende verhaal van Saulus se bekering en begin-bediening, keer Lukas terug na Petrus wat die volgende grens sal oorsteek, dié na die heidene.  Om ons voor te berei daarop vertel Lukas eers twee episodes in sy lewe waar die krag van die Here op ‘n besondere wyse deur hom gewerk het.

Die prentjie wat baie van ons van hom het, is dat hy merendeels in Jerusalem gestasioneer was, soos ons dit eintlik van die ander apostels ook dink.  Dit is egter nie van almal waar nie.  Lukas sê hier dat Petrus baie rondgereis het, soos ‘n mens mos eintlik van ‘n apostel sou verwag, dat hulle nie net een gemeente sou bedien nie, maar ‘n hele aantal, om so die uitbreiding en vestiging van die evangelie te kan begelei. Trouens, Petrus dink ook homself dat hy vir die nasies geroep is (Hand 15:7; vgl ook Hand 8:14).  Ook Johannes het grense oorgesteek, en later in Efese gewerk, vanwaar hy na die eiland Patmos verban is, en die Openbaring ontvang en neergepen het.

Die Here gebruik hier vir Petrus om ‘n verlamde, Eneas, te genees en ‘n dooie, Tabita (Dorkas) uit die dood op te wek. Let op hoe hierdie wonders telkens ‘n teken van God se grootheid is, en tot geloof lei onder dié wat dit aanskou of daarvan hoor.  Soos Jesus dit gedoen het (Mark 5:40), stuur Petrus in die geval van Tabita almal uit, voordat sy genees word.  Die wonder het ook ‘n groot effek op die gemeente, dws die gelowiges self, nie net op die buitestaanders nie.  God ontferm Hom nie net oor die buitestaanders nie, maar ook Sy eie mense.

Dat Petrus hier by ‘n leerlooier gebly het, is baie betekenisvol in die lig van die gebeure met Kornelius wat in die volgende hoofstuk vertel word.  Leerlooiers was deur die Jode as onrein beskou, wat beteken dat Petrus alreeds eintlik ‘n grens begin oorsteek het na mense wat met “onrein” dinge besig is.  Hierna sou hy die grens oorsteek na mense wat deur die Jode as “onrein” beskou is.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed