Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe

Written by Chris van Wyk on 05/09/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Die gebeure in Seserea is van só ’n paradigma-skuiwende aard dat Petrus homself en die werk wat God onder die heidene (nie-Jode)  gedoen het moet gaan verantwoord teenoor die “moeder”-gemeente in Jerusalem.  Dié werkswyse sou ’n patroon word wat later ook met die uitbreiding deur Paulus se sendingreise gevolg moes word, waar die seël van goedkeuring deur die gemeente in Jerusalem geplaas moes word op die oorsteek van nuwe grense met die evangelie.  Dit is dan ook die begin van die idee van ’n verband van kerke soos deur die meeste gemeentes regdeur die wêreld gevolg word.

’n Mens sien hier ook al die groot vraag oor die plek van die besnydenis wat gelowiges uit die Jodedom in Jerusalem bly vra het, iets wat wel later in Handelinge 15 se vergadering geantwoord is (dat besnydenis nie nodig was vir gelowiges uit die heidene nie), maar op baie plekke in die wêreld ’n sleutelkwessie sou bly.

Die bekering van die heidene word op twee maniere beskrywe.  Aan die een kant word dit met die aanneming (letterlik ontvangs) van die woord (logos) van God (vers 1) beskrywe.  Dws – bekering is iets wat gebeur onder die geluister na die woord van God (onthou Jesus is ook die Woord van God). Dit is iets waartoe jy instem, en wat jy aangryp.

Aan die ander kant word bekering ook as ’n bekering wat God gee tot die lewe beskrywe.  Dit is wat die Afrikaanse frase in vers 18 letterlik beteken (“God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee”).  Bekering is dus nie net iets wat jy doen nie (omdraai en God se woorde aanneem nie), maar ook iets wat God jou gee.

Let ook op dat bekering ook direk met die ontvangs (doop met) van die Heilige Gees verbind word.  Om die waarheid te sê, die doop met die Heilige Gees vind voor die doop met water plaas.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed