WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31
- die Joodse Sanhedrin (Hand 22 – soos in Luk 22)
- die Romeinse goewerneur (Hand 25 – soos in Luk 23)], en
- een van die Herodes konings (Hand 25 – soos in Luk 23 – in hierdie geval Julius Markus Agrippa)
Die resultaat is dat Paulus op ’n nuwe reis gaan, dié keer na Rome toe, waarmee die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei. Daarmee word bevestig dat die goeie nuus van God se redding vir alle mense is:
- in vervulling van die belofte aan Abraham: “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” (Gen 12:2-3 – vgl Hand 3:25) en
- as ’n sentrale aspek van die visie van die profete dat die evangelie vir “al die heiden nasies” sal wees (Amos 9:11-12 – vgl Hand 15:17).
Let op dat Lukas – soos in sy evangelie met Jesus – beklemtoon dat die beskuldigings teen Paulus en die kerk van alle waarheid ontbloot was. Drie keer word hy onskuldig bevind van enige verkeerde optrede teen Rome en die Romeinse ryk, iets wat uiteindelik in die guns sou tel van die verspreiding van die Christendom, hoewel dit nie ‘n lang vervolging van die vroeë kerk sou uitsluit nie (Hand 22:29; 23:26-30; 26:32).
Die verhaal van die beskerming van skipbreuk herinner ons ook daaraan dat die evangelie se verspreiding fundamenteel God se werk is. Soos Gordon Fee sê: “we are constantly reminded that the gospel is God’s thing in the world – salvation for all through Jesus Christ and the Spirit.”[1]
Die boek sluit af met die opmerking dat Paulus ‘n volle twee jaar lank met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering die koninkryk van God kon verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer het (Hand 28:30-31).
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!