WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7

Written by Chris van Wyk on 18/08/2011. Posted in Handelinge

Print Friendly
Ons begin hierdie week lees aan die Handelinge van die apostels, Lukas se tweede boek en vervolg op sy evangelie, gerig aan dieselfde persoon Teofilus.

Hy fokus hier op die redding wat Jesus bring aan die wêreld, van Jerusalem af (hfst. 1) tot in Rome (hfst. 28).  En ons leer hier dat die goeie nuus van God se redding vir beide Jode en heidene is.  Soos ons ook gaan agterkom, is hierdie redding God se saak en niks kan dit keer nie, hoewel dit steeds, soos in die evangelie van Lukas deur sommige met woede verwerp sal word.

Verfris net weer jou geheue deur die oorsig oor Handelinge en die riglyne vir die leeswerk te lees.

Die groot prentjie is as volg:

  • Handelinge 1-12 vertel van die verspreiding van die evangelie: dit begin in die stad Jerusalem en versprei na die platteland in Judea.
  • Handelinge 13-20 is ‘n reisverhaal: Barnabas en Paulus neem die evangelie na Asië en Paulus na Europa saam met ’n hele aantal ander gelowiges.
  • Handelinge 21-28 vertel van die verhoor van Paulus wat die evangelie tot in Rome laat versprei: Paulus verskyn voor dieselfde drie tribunale as Jesus (die Joodse Sanhedrin [Luk 22/Hand 22], die Romeinse goewerneur [Luk 23/Hand 25], en een van die Herodes konings [Luk 23/Hand 25 {Julius Markus Agrippa}]) – die resultaat is dat die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.

Ons lees die boek in 6 weke deur wat korrespondeer met die 6 dele van Handelinge, op grond van Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20.  Elke keer skep Lukas daarmee ‘n pouse voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities:

Let op vir die volgende aksente van Lukas in Handelinge:

  • Die verhaal is steeds oor Jesus, soos die inleiding in hoofstuk 1-2 aandui.
  • Daar is ‘n onlosmaaklike verband tussen Jesus en die Gees – en die Gees is uiteindelik verantwoordelik vir elke groot draaipunt in die verhaal.
  • Die evangelie is God se saak – en niks kan dit verhinder nie!
  • Die evangelie versprei horisontaal na die heidene – dié wat deur die Joodse eksklusiwiteit gemarginaliseer is (anders as in die eerste verhaal waar die vertikale impak van die evangelie op alle Jode vertel word).
  • Die kerk word al hoe meer saamgestel uit gelowiges uit die heidense volke – terwyl die Jode in die diaspora (verstrooiing na die ballingskap) en die Joodse leiers in Jerusalem die teenstand aanvuur.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed