WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31
Ons gaan dié week lees oor die pyn van vervolging en ontworteling, van mense wat in die tronk gegooi word vir hulle geloof, en uitgedryf word weg van hulle eie omgewing … en in die proses sin en betekenis vind in die uitreik met die evangelie. En die eenvoudige boodskap aan ons is dat verandering nie op ’n ander manier kom nie en dat ons net moet aanhou en moedhou en vashou aan die Een wat met ons saamgaan, die Here Jesus deur die werking van Sy Gees.
Let op hoe ’n mens aan die einde van die vorige gedeelte – hoofstuk 1-6:7 – kon sien hoe daar in die gemeente van Jerusalem twee hoofgroepe vorm aangeneem het: die Grieksprekende Joodse Christene (Helleniste) en die Aramees-Hebreeus-sprekende Joodse Christene (Jerusalemiete). Die eerste groep, wat vermoedelik meesal uit die Hellenistiese sinagoge in Jerusalem tot bekering gekom het (Gordon Fee), is die groep wat dit regkry om grense te begin oorsteek as voorbeeld vir ander wat hulle sou navolg. Soos hulle die leiding geneem het in die bediening van die Griekssprekende weduwees (die 7 manne het almal Griekse name), neem hulle nou ook die voortou in die volgende uitbreiding van die evangelie (Stefanus, Filippus).
Dit bly egter die Here Jesus self wat agter alles die eintlike voorloper van hierdie oorgrens beweging is, en wat self die vuurvreter vervolger Saulus in ’n vuurwarm verkondiger van die evangelie verander, soos ons in hoofstuk 9 sal sien, waarna die volgende fase van die uitbreiding ’n aanvang sou neem. Jesus se Hemelvaart beteken dus nie dat Hy op ’n manier weg is dat Hy nie meer hier by ons betrokke is nie. Hy het nie maar net die Bybel, die Gees en die kerk vir ons gegee om ons by te staan nie (Coenie Burger). HY is steeds betrokke by die uitbreiding van die evangelie – soos Saulus van aangesig tot aangesig sou agterkom.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!