Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie
Jesaja 1-39 werk primêr met die verspeelde roeping van Jerusalem en Juda om God se lig vir die nasies te wees, spesifiek in die tyd van die Assiriese oorheersing van 744-681 v C (Tiglat-Pileser III, Salmanesar V, Sargon II en Sanherib). Dit sluit af met die aanduiding van die toekomstige gevaar uit Babilon.
In kort kan ‘n mens die boodskap van hierdie eerste hoofdeel van Jesaja só opsom:
- Juda wou God se roeping vir hulle nie navolg nie en het eerder alliansie-politiek nagejaag as om op God se voorsiening staat te maak.
- Daarom moes God hulle oordeel … hoewel Hy dit nie oor sy hart kry om hulle heeltemal op te gee nie.
‘n Verspeelde roeping stuit God nie. Sy nuwe plan kom in die tweede hoofdeel, Jesaja 40-66, aan die beurt.
Werk deur jou joernaal (of aantekeninge) en maak ‘n kortlys van die gedagtes wat jou vasgevang het in jou leeswerk deur Jesaja 1-39.
- Neem een van dié gedagtes en dink na oor die wyse waarop dit jou lewe verryk of verander het.
Tags: Jesaja
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!