Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie

Written by Chris van Wyk on 07/02/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Hoofstuk 18: Die Bybel praat min van Kus (Gen 2:13), wat ons vandag ken as Ethiopië.  In Jesaja se tyd was daar ’n Ethiopiese koning, Sabako, in Egipte op die troon wat waarskynlik die profesie tot gevolg gehad het.

Die riviere van Kus verwys na die Wit en die Blou Nyl wat die twee belangrikste sytakke van die Nyl is.  Die Blou Nyl ontspring in die Tana meer in Ethiopië en sluit by Khartoem in die Soedan by die Wit Nyl aan en vorm daarna die Nyl wat uitmond in Egipte.  Die Wit Nyl kom van die Victoria meer af verder suid tussen Kenia, Tanzanië en Uganda.

Dit wil voorkom of die Ethiopiërs (lang mense met die blink [of gladde] velle) Juda in dié tyd nader as bondgenote teen Assirië (ongeveer 715 v C) en dat Jesaja hulle aanspreek om liewer terug te keer.  Die Here is immers in beheer vanuit sy hemelse woonplek (vers 4) en sal die wingerdlote van Assirië afsny en weggooi (vers 5-6).  Interessant genoeg voorsien Jesaja ’n tyd waar hulle sal luister en die Here sal dank vir sy redding.  Ethiopië was dan ook die eerste landstreek in Afrika waar die evangelie geglo is en ’n kerk tot stand gekom het in die Nuwe Testamentiese tyd (Hand 8).

Hoofstuk 19: Ek moet sê dié hoofstuk het my verstom.  Dit begin met ’n uitspraak van die Here teen Egipte, en eindig met ’n visie op ’n eenheid tussen Assirië, Egipte en Israel wat saam die Here dien! Die droom van Jes 2 gaan beslis nie lê nie!

Egipte word veral ekonomies getref waarna Israel se God en godsdiens deur Egipte aanvaar sal word.  Die verwysing na die Verwoeste Stad sinspeel vermoedelik met woordspel op die Sonstad, Heliopolis, om aan te dui dat die sonaanbidding vir die ware diens van die Skepper van die son, God, plek maak.  En dan spoel die aanbidding van God oor die grense van die hele Midde-Ooste – mag ons dié droom se verwesenliking tog eendag sien!

Hoofstuk 20: Aan die einde van hierdie deel is daar die vreemde verhaal van Jesaja se liggaams-profesie in wat ook ’n woord teen Ethiopië (Kus) en Egipte was, en die orakels in die voorafgaande hoofstukke 18-19 teen die twee volke versterk het.  Jesaja se basiese posisie was dat ’n alliansie van opstand teen Assirië nie sou werk nie, soos dit in die res van die boek ook is.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Rien du Preez
    07/02/2011 at 21:52 |

    Wou! Hoofstuk 19 is regtig vir my so wonderlik. As die Here sê “moenie bang wees nie Ek is met jou, moenie bevrees wees nie Ek beskerm jou” word vir my so duidelik in hierdie hoofstuk. Die Here maak tussen die selfde nasie vyande maar verydel ook hulle planne sodat hulle die gode moet gaan raadpleeg. Verder verwar Hy Egiptenare sodat hulle planne nie uitwerk nie. Tog as hulle na Hom roep sal Hy `n redder stuur en nog meer Hy sal hulle saak behartig, en dan teen die einde sal volke Hom saam dien. Sjoe vir my is dit duidelik dat ek vir niks, maar niks van wat tans in lande gebeur bang te wees nie. God is steeds besig net Sy plan na Sy wederkoms.
    Hy het die mag tot oorlog, vrede, samewerking ens sodat eendag gedeeltes van alle nasie Hom sal dien ( die wat Hom aanroep). In ons eie land, ons het oorlog verwag met die oorgang baie gebede het na Hom opgegaan en toe? Geen bloedvergieting.

    So ek moet Hoor, glo en lewe soos HY vra. “VERTROU OP DIE HERE” Hy is en bly in beheer, al is Sy planne nie altyd duidelik nie, omdat dit groter as my verstand is.
    Seënwense,
    Rien

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed