Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding
Hoofstuk 34
Die fokus skuif van die Mesiaanse koning na die herhalende oordeelsboodskap oor die nasies. Weereens kry dit ‘n kosmiese kleur – die hemelliggame smelt weg, die sterre verloor hulle glans – soos dit ook in die NT in 2 Pet 3:10-12 aangehaal word.
Hierdie keer is dit Edom, die nageslag van Esau, die broer van Jakob-Israel, wat – net soos Moab in hoofstuk 25 – uitgesonder word as simbool van wat met die nasies sal gebeur (34:5-17). In ‘n grusame uitbeelding word die mense soos diere geslag as offers vir Hom (Bosra is hulle hoofstad). Die land word verbrand (die brandende teer herinner aan die verwoesting van Sodom en Gomorra in Gen 19) en onbewoonbaar. Net die diere sal daar tuis wees. En let op dat dié skrikwekkende oordeel deur die Gees van die Here voltrek word, dieselfde Gees wat vrede bring vir dié wat die Here dien (32:15). En dit word in God se boek opgeskryf (verwysing na die boek Jesaja?) as getuienis vir die nageslag.
Hoofstuk 35
Met pragtige natuurbeelde word die redding van God se volk beskryf – die woestyn oortrek met affodille. En Jesaja roep almal op om mekaar te bemoedig met die boodskap van God se ingrype en teenwoordigheid. Hy oordeel die vyande, maar red dié noodlydendes: blindes, dowes, lammes en stommes. Water vloei in die woestyn. Gevare verdwyn, en uitbundige vreugde bars los uit die skare, die oorblyfsel wat die Here gered het.
Tags: Jesaja
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!