Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan

Written by Chris van Wyk on 21/02/2011. Posted in Jesaja

Print Friendly
Vers 1 en vers 6 plaas dié verhaal in die konteks van die Assiriese bedreiging, waarvan hoofstuk 36-37 so pas vertel het.  Dit laat ‘n mens dink dat die siekte nie net ‘n fisiese oorsaak gehad het nie, ‘n sweer soos vers 21 aandui, maar ook moontlik ‘n diplomatieke oorsaak (Watts), die bedreiging van Assirië.

Jesaja reageer op Hiskia se siekte met ‘n boodskap dat hy maar sy testament moet opstel, hy gaan dit nie maak nie.

Hiskia draai in moedeloosheid sy gesig na die muur, maar anders as Agab, een van sy voorsate (1 Kon 21:4), bid hy tot die Here.  Let op dat hy sy voorbeeldige lewe voor die Here en sy gehoorsaamheid aan God se wil – wat reg is in u oë – in herinnering roep, terwyl hy bitterlik huil.

Die Here reageer op die gebed deur Jesaja met ‘n boodskap van hoop na Hiskia te stuur.  Die Here roep in Sy antwoord Hiskia se voorvader Dawid in herinnering en verleng Hiskia se lewe met 15 jaar.  Let op dat die Here ook dít wat Hiskia nie vra nie, verlossing van die Assiriërs, vir hom belowe.

Die gedeelte is ‘n uitstekende perspektief op God se verhouding met ons – Hy werk nie met ‘n bloudruk wat ten alle koste gehandhaaf moet word nie.  Hy verander sy besluit in reaksie op, beter gestel, in verhouding met mense.  Jy kan meer hieroor lees by my opsomming van die Andrew Murray pryswenner boek (2009) van Vincent Brümmer: What are we doing when we pray? (ek het ook ’n kort artikel geskryf oor gebed: Gebed is noodsaaklik,maar nie genoegsaam nie …).

Die wonderlike nuus is dat God ons trane raak sien EN iets daaraan doen!

Soos met die vorige tekens wat op God se inisiatief gegee is – vir Agas (Jes 7) en Hiskia (Jes 37) – word ook hierdie teken deur God gegee.  Die skadu skuif terug op die trappe van die sonwyser, wat vir Hiskia ’n duidelike teken van gebedsverhoring was.

Hiskia reageer hierop met ‘n lied waarin hy die voorreg om steeds voor God in die wêreld en veral in die tempel te lewe, besing.  Hiskia vra wel ‘n retoriese vraag, “(wanneer) ek weer na die huis van die Here toe sal gaan?”, wat egter nie geantwoord word nie, waarskynlik omdat sy genesing juis die besoek aan die tempel moontlik sou maak.  Jesaja dink dus nie dat sy vraag ‘n antwoord regverdig nie.

’n Vyekoek het die reputasie gehad dat dit swere kan oopbreek.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • Psalm 93 - Hemelvaart
    Inleiding Hemelvaart is die fees van Jesus se “troonbestyging”. Ons bely vandag dat dieselfde Jesus wat op aarde gelewe het, aan die kruis gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan het, nou “aan die regterhand van God die Vader” is en dus saam met die Vader regeer oor die ganse skepping. Ek wil vandag dus iets sê oor God se koninkryk, oor die feit d […]
  • Berei jou kind voor vir Nagmaal
    Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.  […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: 1 Johannes 5:9-13
    Sewende Sondag na PaseDie fokus op die ewige lewe en spesifiek v12 se aanname naamlik wie die Seun het, het die ewige lewe en wie die Seun nie het nie, het nie die ewige lewe nie, sal nie na almal wat na ons preke luister ewe maklik kom nie.Daar is elke Saterdag in Die By ‘n onderhoud met ‘n bekende persoon. Dieselfde reeks vrae word aan almal gevra, waarvan […]
  • Verder geluister: Psalm 93
    Vir baie lank was Hemelvaart die Kerklike fees wat die minste aandag getrek het.  ‘n Groot rede hiervoor is ons ongemak met  die hemel en die bo-natuurlike wyse waarop Jesus opgevaar het na die hemel. Vir ons modern lewensingesteldheid is hier ‘n hele aantal dinge wat ons nie kan verklaar nie, en daarom vind ons dit moeilik om daaroor te praat met mekaar. Da […]

Read feed